ILSE SALZWEDEL — ‘N VEELKANTIGE LOOPBAAN AS VRYSKUT-MEDIAMENS WAT VOORTSTU

Ilse Salzwedel het al vir al wat media is geskryf: koerante en tydskrif, radio en sosiale media, meestal as ‘n vryskut. Plus ‘n hele bondel boeke. Sy vertel haar storie tot hier toe aan JOHANNES FRONEMAN. Ilse, jy het op Stellenbosch geswot, maar nie joernalistiek nie. BA Politiek?  Dis belangrik om te sê dat ek eers...

Lees meer

IRMA GREEN — KONINGIN VAN GEMEENSKAPSKOERANTE

Irma Green is groepredakteur van Caxton Local Media (CLM). Hulle gee 115 koerante uit en het 51 CLM-webwerwe en sosialemediaplatforms. Voorheen was sy redakteur van die Laevelder, waar sy naam gemaak het as uitstaande joernalis. JOHANNES FRONEMAN het ‘n paar vrae aan haar gestel. Vertel ons wat jou huidige pos behels. Met my aanstelling in 2016 het ek hoofsaaklik op...

Lees meer

AKTIVIS WELMA ODENDAAL SE PAD VAN ‘HOOFSTAD’ TOT BY DIE ‘CAPE TIMES’ EN VERDER

Welma Odendaal is skrywer, aktivis en mediamens. Sy het eers geskryf en toe joernalis geword — spoedig ‘n anti-apartheidaktivis geword wat nie in die Afrikaanse hoofstroom ‘n tuiste sou vind nie. Welma vertel aan JOHANNES FRONEMAN meer oor haar soms onstuimige loopbaan. Welma het in die joernalistiek beland nadat haar eerste bundel kortverhale, Getuie vir...

Lees meer

MONITOR SE FOETA — VAN AGTERPLAAS TOT VOORBOK IN STRYD OM MEDIAVRYHEID

Foeta Krige se joernalistieke pad het deur Perskor, ‘n koerant in Suidwes en vryskutwerk in Afrika geloop. Hy was op die toneel van vele nuusgebeure, maar uiteindelik ook nuusbestuurder by Monitor en ander Afrikaanse aktualiteitsprogramme. Daar maak hy sy rug reguit teen inmenging en word hy ‘n leier van die sogenaamde “SAUK 8”. Hy vertel meer hieroor...

Lees meer

OUDSTE PUBLIKASIE SE REDAKTEUR VERTEL VAN SY LOOPBAAN

Die Kerkbode is vanjaar (2024) 175 jaar oud. Johannes Froneman gesels per e-pos met die redakteur, Le Roux Schoeman, oor sy loopbaan en werk. Le Roux, vertel ons asb van jou opleiding. En hoe jy uiteindelik by die Kerkbode beland het. Ek het ’n B.Th-graad (dus teologie) in 2000 aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Daarna het ek...

Lees meer

BUKS SOEK SONDER VERSKONINGS SY STORIES

Buks Viljoen het sy spore as joernalis in die ou Oos-Transvaal verdien en die afgelope dertig jaar in Mpumalanga daarop voortgebou. Ondanks sy fisieke gestremdheid, het hy deur die jare talle groot stories gaan haal — vir die Middelburg Observer, Laevelder, Beeld en ander. Hy vertel hier meer oor sy loopbaan aan Johannes Froneman. Gee vir ons ‘n bietjie agtergrond oor hoe jy in die joernalistiek beland het. Ek het in 1977 ná matriek diensplig gedoen en was...

Lees meer

DE WET POTGIETER — JOERNALIS EN SKRYWER WAT AANHOU KRAP

De Wet Potgieter het naam gemaak as ondersoekende joernalis en skrywer. Hy vertel ook hier aan Johannes Froneman van sy wydlopende loopbaan by verskeie koerante — en hoe die Facebookblad Nagkantoor tot stand gekom het. Jou loopbaan het, as ek reg verstaan, as misdaadverslaggewer in Pretoria begin. By die Pretoria News? Nee, ek het in...

Lees meer

MURRAY LA VITA — SKUGTER PROFIELSKRYWER VAN FORMAAT

Murray la Vita het die afgelope jare naam gemaak as profielskrywer vir Netwerk24 en die drie Afrikaanse susterkoerante Die Burger, Beeld en Volksblad. Hy het Johannes Froneman van sy joernalistieke pad vertel. Iewers het ek gesien jy het as misdaadverslaggewer begin. Vertel hoe jy in die joernalistiek beland het — veral ook jou eerste opdragte en ervarings.  Ek het in 1987 by Die Transvaler in Pretoria begin werk nadat ek die honneurskursus in...

Lees meer

SARINA BOSMAN — GLASHELDER STEM BY PRETORIA FM

Sarina Bosman is ‘n ervare omroeper wat reeds dertien jaar op Pretoria FM gehoor kan word. Hier lei sy ‘n span meestal jong omroepers met groot entoesiasme. Sarina vertel aan Johannes Froneman meer oor haar agtergrond en loopbaan. Vertel vir ons iets oor jou agtergrond.  Ek was omtrent 11 jaar oud toe ek besluit het...

Lees meer

JOHANN DE JAGER — MEDIA-EN-MENS-MENS VIR ALLE SEISOENE

Dr. Johann de Jager het ‘n lang loopbaan as joernalis, skakelman en dosent agter die rug. Hy vertel hier meer oor sy loopbaan. Johannes Froneman het die vrae per epos gestel. Johann, jy het aan die PU vir CHO onder proff. Gert Pienaar en Calvyn Snyman Kommunikasiekunde geswot. Vertel ons iets oor die aanloop en hoe jy die kursus ervaar het. Ek het...

Lees meer