Deur Johannes Froneman Hierdie is ‘n teksweergawe van ‘n visuele intreerede gelewer op 19 Augustus 2005 as hoogleraar in kommunikasiestudie (joernalistiek), Skool vir Kommunikasiestudie, Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Inleiding My betrokkenheid by koerante die afgelope meer as veertig jaar was en is dié van koerantleser, joernalis en akademikus, maar veral as ‘n liefhebber van...
In die gedenkboek Beeld 50 — Om ‘n groot storie hard te slaan (saamgestel deur Erika de Beer) is ‘n magdom inligting, stories en foto’s oor dié koerant se eerste vyf dekades byeengebring. Maar Beeld het ook deur die jare akademiese navorsers se aandag getrek, juis omdat die blad sedert die 1980’s by uitstek beskou...
Met die stelselmatige sluiting van papierkoerante, is navorsers tereg bekommerd oor waar hulle in die toekoms gaan aanklop wanneer hulle wil vasstel hoe koerante tien of vyftig jaar gelede oor ‘n saak berig het. Twee tipes navorsers is ter sake: dié wat spesifiek in koerante belang stel, en dan diegene wat oor die politieke of sosiale geskiedenis navorsing doen. Elk het besondere behoeftes. Die medianavorser is veral nie tevrede met elektroniese berigte nie – wel met dit wat beskikbaar is vir die meer kontemporêre berigte, maar nie noodwendig vir iets wat...
Joernaliste bly in die spervuur — vandag dalk meer as ooit. Die redes is baie, maar een is dat die tydgees bepaal dat almal se stem tel en dat jy niks hoef te glo nie. Verder skep sosiale media en digitale nuusmedia die geleentheid vir almal om ‘n mening uit te spreek. Onkunde word daagliks...
Deur Johannes Froneman Hollandse en/of Afrikaanse nuusblaaie het nog nooit in Natal (nou KwaZulu-Natal) gefloreer nie. Tog is deur die jare verbete pogings aangewend om teen die Engelse stroom staande te bly en aan Afrikaanse joernalistiek ‘n staanplek in die provinsie te gee. Meer nog, in die woorde van die historikus Piet Prinsloo: dit was ‘n “integrale deel van die Natalse Afrikaner se kultuurstryd”. Hierdie essay probeer daarom om die persstryd oorsigtelik te beskryf en...
Dr. Johann de Jager het ‘n lang loopbaan as joernalis, skakelman en dosent agter die rug. Hy vertel hier meer oor sy loopbaan. Johannes Froneman het die vrae per epos gestel. Johann, jy het aan die PU vir CHO onder proff. Gert Pienaar en Calvyn Snyman Kommunikasiekunde geswot. Vertel ons iets oor die aanloop en hoe jy die kursus ervaar het. Ek het...
Met oudstudent Inge Kühne se aanstelling as redakteur van Rapport het die Technikon Pretoria welverdiende erkenning gekry vir die goeie werk wat oor baie jare gedoen is. Wel het talle ander oudstudente deur die jare hul plek in die media volgestaan, maar hierdie aanstelling was ‘n besondere hoogtepunt. Ons het die gewese departementshoof van joernalistiek,...
Deur Susan Lombaard Uitvoerende hoof van Maroela Media In Maroela Media se bestuurspan gesels ons gereeld oor uitdagings en hoe ons dit in geleenthede kan omskep. Digitale media bied talle uitdagings, en soos die digitalemedia- en sosialemedialandskap internasionaal en plaaslik verander, steek nuwe uitdagings deurlopend kop uit. ʼn Paar van die uitdagings wat ten tye...
Deur Susan Lombaard Uitvoerende hoof van Maroela Media Die Covid-pandemie het ʼn beduidende impak op Suid-Afrikaanse én Afrikaanse media gehad, net soos op enige ander industrie. In gedruktemediasyfers is dit duidelik dat die pandemie die afname in sirkulasiesyfers van beide koerante en tydskrifte laat versnel het. Van kwartaal 4 in 2020 na kwartaal 4 in...
Opsomming van artikel deur Cornia Pretorius en Johannes D. Froneman, Skool vir Kommunikasiestudies, Noordwes-Universiteit Agtergrond Die alternatiewe, anti-establishment Vrye Weekblad (1988-1994) het deur die nuustemas wat gepubliseer is, die aanbieding daarvan en die manier waarop Afrikaans gebruik is, die Nasionale Party-regering, die apartheidsideologie en euwels wat daarmee gepaardgegaan het aan die kaak gestel. Op dié wyse het...