In hierdie afdeling word Afrikaanse nuusblaaie se stories aan die hand van ‘n groot aantal voorblaaie vertel – van Die Afrikaanse Patriot (1876) tot by Landstem en Die Transvaler, Son, Beeld en Rapport.
Ons wys verskeie eerste en laaste uitgawes, want koerante het gekom en gegaan. Dit is ‘n ryk geskiedenis van produkte geskep deur passievolle mediamense, gewone mense vol gebreke en talente.
Dis die storie van hoe nuus oor meer as ‘n eeu aan ons gebring is deur die oudste massamedium, een wat nou bedreig word deur die opkoms van die digitale media.