Tydskrifte

Waar koerante vir lank die primêre bron van nuus was, het tydskrifte nog altyd ‘n meerdoelige funksie in ons huise gehad – dié van inligting, opvoeding, vermaak en blote ontspanning.
In die jongste dekades het nuus oor glanspersoonlikhede sterker na vore getree as ooit, maar daar is steeds spesialistydskrifte wat ons dien met joernalistiek wat dieper delf.
Talle titels het ons ontval, maar hulle word ook hier onthou. Maar in die besonder eer ons die werk van die mediamense wat hierdie tydskrifte aan ons gebring het en steeds doen.