Hierdie afdeling is ‘n ruimte waar mediamense rustig kan terugkyk op hul loopbane. Of waar ander op mediamense se bydrae kan reflekteer. Mediamense word dus genooi om hul herinneringe of perspektiewe by nabaat met ons te deel.

MEDIAMENSE SE HULPMIDDELE EN TEGNOLOGIE — VAN TELEFONE TOT ‘DRAADLOSE’, DRAAGBARE RADIO’S, TV-STELLE, SELFONE, REKENAARS EN DIE INTERNET

Die tegnologie maak dit nie net moontlik vir joernaliste om hul werk vinniger te doen nie, maar het ook die ontwikkeling van die massamedia moontlik gemaak. Die drukpers en tikmasjien het in die 19de eeu drasties ontwikkel, waarna die telefoon sy verskyning gemaak het. In die 1920’s kom radiostasies op die lug, gevolg deur televisie...

Lees meer

ADVERTENSIES — HOE HULLE VROEëR GELYK HET

Advertensies is die lewensbloed van alle kommersiële media. In die jongste jare het al hoe meer advertensies egter na die digitale media gevloei, veral Google, Facebook en Twitter. Kleinhandeladvertensies in drukmedia is deesdae grootliks beperk tot dié van die groot supermarkgroepe. ‘n Ander belangrike faktor wat ‘n reuse-impak op advertensies gehad het, is die verbod...

Lees meer

FREDERIK ROMPEL — HOLLANDER WAT AFRIKAANSE JOERNALISTIEK VERRYK HET

Frederik Rompel het hom in 1921 by Die Burger in Kaapstad aangesluit en dadelik ‘n impak gemaak. Hy was toe reeds ‘n ervare joernalis en het as “tegniese redakteur” (iets tussen ‘n nuusredakteur en hoofsubredakteur) veranderinge aangebring en sy kollegas geïnspireer. Boonop was hy as hoofartikelskrywer as ‘t ware die hoofredakteur, dr. D.F. Malan, se spookskrywer, want dié was selde op kantoor. Die gevierde skrywer M.E.R., wat onder Rompel die “vroueblad” begin het,...

Lees meer

EUGèNE MARAIS — ONVERSKROKKE KAMPVEGTER VIR WAT REG IS

Eugène Marais word onthou as een van die eerste belangrike Afrikaanse digters en skrywers. Hy was ook ‘n merkwaardige navorser oor ape, miere en ander natuurverskynsels. Maar hy was deur sy volwasse lewe ‘n joernalis en het oor vier dekades heen ‘n wesenlike bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek gemaak. Marais begin op sewentien as leerlingjoernalis...

Lees meer

PROPAGANDIS CLIFF SAUNDERS HET (DEELS) JAMMER GESê

Cliff Saunders was een van Suid-Afrika se bekendste joernaliste in die 1970’s en 1980’s. Hy was aand vir aand op SAUK-televisie waar hy dikwels ‘n eensydige prentjie van die land se situasie geskep het. Sy onderhoude met die destydse minister van buitelandse sake, Pik Botha, was legendaries; sy ruwe, dog innemende styl oortuigend en die knoets van ‘n ring aan een hand opvallend. Hy is tereg deur kritici as ‘n...

Lees meer

WIETS BEUKES MAAK SY RUG STYF TEEN VORSTER EN PW

Wiets Beukes het Piet Cillié in 1977 as redakteur van Die Burger opgevolg en in daardie posisie gedien tot met sy amptelike aftrede in 1990. Voor sy aanstelling by Die Burger was hy assistentredakteur van Die Volksblad en ook van Die Burger. Sy lang loopbaan in die joernalistiek het reeds in 1949 by Die Volksblad begin. Ná sy uittrede as redakteur, was hy betrokke by die skryf van Naspers...

Lees meer

NOTAS OOR DIE VERANDERENDE JOERNALISTIEK

Deur Johannes Froneman Hierdie notas of kantaantekeninge laat die lig val op enkele insidente, prosesse en ervaringe — in baie gevalle tekenend van ‘n verbygegane era. Daarom sal dit soms vir jonger lesers vreemd klink. Maar dit alles is deel van die groter, fassinerende verhaal van ons mediageskiedenis wat sedert 1800 in ons land afspeel. My ervaring dek die afgelope 44 jaar;  inderdaad jare van ingrypende veranderinge, maar ook geleenthede wat my ervaring in die joernalistiek verryk...

Lees meer

HERINNERINGE AAN JOHANNES GROSSKOPF EN ARRIE JOUBERT

In sy boek Koerantkamerade (Naledi, 2021) skryf Hennie van Deventer oor ‘n vyftigtal mediamense met wie sy pad gekruis het. Dit sluit in Johannes Grosskopf en Arrie Joubert. Hennie se stukke oor dié twee koerantmanne word hier met sy toestemming geplaas. Johannes Grosskopf: Sondebok van Syferfontein Van egliede wat saam in die tuig was, kan...

Lees meer

ANDRIETTE STOFBERG — LEGENDE IN HAAR TYD

Wanneer ‘n Engelstalige publikasie soos die Sunday Times berig oor die afsterwe van ‘n Afrikaanse joernalis, weet jy dat hy/sy iemand besonders was. So was dit met Andriette Stofberg, ‘n “newsroom legend”, soos die blad se opskrif gelui het. Rapport het met ‘n groot opskrif hulde aan haar betoon: Mentor en inspirasie van ‘n hele geslag. In haar artikel skryf Christi van der Westhuizen dat Andriette sonder ego in ‘n ego-gedrewe bedryf was. (Sy het...

Lees meer

RYKIE VAN REENEN — SOEPEL YSTERVROU IN ‘N MANSWêRELD VAN WELEER

Rykie van Reenen was een van die heel groot Afrikaanse joernaliste van die twintigste eeu. Sy was ‘n raak waarnemer wat in vars Afrikaans sonder fieterjasies verslag gedoen het, en sprankelende artikels en rubrieke vir Die Burger, Die Beeld, Rapport en Beeld geskryf het. Daarvoor is sy in 1986 met ‘n eredoktorsgraad deur haar alma...

Lees meer