DIE DAG TOE JOHN VORSTER SOOS ‘N SIF GELEK HET

DIE DAG TOE JOHN VORSTER SOOS ‘N SIF GELEK HET

Deur Gustaf Pienaar Van 1973 tot 1977 was ek die Oos-Kaapse verteenwoordiger van die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK (soos dit toe bekend was) in Port Elizabeth. Jaarliks, tussen Kersfees en Nuwejaar, moes ek toesig hou oor die opnames van premier John Vorster se gebruiklike Nuwejaarsboodskappe vir die verskillende radiodienste van die SAUK.  Vorster het sy kersvakansies...

Lees meer

LEOPOLD SCHOLTZ: KOMPULSIEWE JOERNALIS, BUITELANDSE KENNER EN HISTORIKUS

Die joernalis Leopold Scholtz skryf al dekades lank vir Beeld, Die Burger en Volksblad oor die politiek en buitelandse sake. Hy beantwoord hier Johannes Froneman se vrae oor sy loopbaan.   Jy het in Johannesburg grootgeword, seun van ‘n koerantredakteur? Hoe het jy dit beleef? Daarna universiteit toe? Vertel, asb. As kind was my pa my...

Lees meer

‘DIE PAPIER’ SE WORTELS Lê DIEP IN DIE PAARL

Die Papier het op 6 Maart 2026 verskyn as weekblad met Novus Media as uitgewers. Daarmee is ‘n sirkel voltooi, want Novus Media is ‘n afdeling van Novus Holdings en het gespruit (met ‘n sprong 120 jaar gelede) uit die drukker van die eerste Afrikaanse blad, Die Afrikaanse Patriot. Tussen hierdie twee mylpale lê die veelbewoë geskiedenis...

Lees meer

‘N JAAR AS VERSLAGGEWER BY ‘DIE VOLKSBLAD’

Johan Mostert vertel: Ek het heel onverwags in die joernalistiek beland. Einde 1969 is my pa oorlede terwyl ek met die Abe Bailey-reisbeurs in Brittanje was. Ek was nog nie klaar met my nagraadse studie aan die Vrystaatse Universiteit nie en geld vir verdere studie was daar nie. Noodgedwonge moes ek uitspring om self te...

Lees meer

‘N TERUGBLIK OP DIE ‘EIKESTADNUUS’

Deur Francois Verster Gemeenskapskoerante speel ’n unieke rol om ’n gemeenskap in te lig en op te voed, maar ook om as meningsvormer vir dieselfde gemeenskap op te tree, asook om dié menings in druk weer te gee. Sodoende kan daar ’n rekord van ’n omgewing en sy mense geskep en bewaar word. In hierdie...

Lees meer

PETROVNA METELERKAMP SE STORIES VAN ‘N LEEFTYD

SJOE! — Ervarings van ‘n leeftyd Petrovna Metelerkamp Hemel en See Boeke, Vermont 2025 In hierdie herinneringe vertel die oud-joernalis talle baie leesbare stories — stories oor haar lewe as joernalis, skrywer en uitgewer. Dis veel komplekser en interessanter as wat dit dalk op die oog af klink. En as gewese Huisgenoot-skrywer wéét Petrovna hoe...

Lees meer

OTTO DU PLESSIS — ‘DIE OOSTERLIG’ SE EERSTE REDAKTEUR

Dr. Otto du Plessis was in 1937 die stigter-redakteur van Die Oosterlig in Port Elizabeth nadat hy hom in 1931 by Die Burger aangesluit het. Daar het hy uitgeblink, onder meer as hoofsubredakteur. Hy was ook ‘n tyd lank in Nasionale Pers se politieke korrespondent in Pretoria. Hy dien van 1937 tot 1942 by Die Oosterlig en word...

Lees meer

VREEMD, VREEMDER EN VREEMDSTE BERIGTE

Blaai jy deur ou koerante, val die vreemdste van berigte jou op. Maar hulle was nie tóé vreemd nie. Eintlik gewoon, normaal vir die tyd. Tog, net binne ‘n bepaalde ideologiese konteks. Vandag kan ons net daaroor kopskud. En wonder wat mense oor 50 jaar of langer oor vandag se berigte sal sê. Probleem is...

Lees meer

‘N DEUR GAAN OOP NA 27 GOEIE JARE BY ‘DIE POS’

Deur Keina Swart My onderhoud as junior verslaggewer by Danie Stoltz, Die Pos se vorige eienaar en redakteur, was een van die vreemdste ervarings. Hy was bot. Eintlik heel onbeskof. Hy het heeltyd aangegaan met sy werk en nie juis opgekyk nie. “Ek hoop jy besef ek kan jou nie betaal wat Beeld jou betaal...

Lees meer

‘N GEJAAG BY ‘OOSTERLIG’ OM BETYDS TE WEES

Deur Ben Louw Destyds, in die laat 1950’s, is ek as groentjie sommer met my intrapslag by Die Oosterlig gewaarsku: “Vir ‘n koerantman is daar nie so iets soos werkure nie. Jy moet 24 uur in elke dag gereed wees om vir werk ingespan te word! En daar is nie so iets soos oortydbetaling vir joernaliste nie!“ Redaksielede en veral die sportskrywers het destyds net een Sondag elke veertien dae vry gehad. Ons moes ook Saterdae tot een-uur die middag op kantoor wees!...

Lees meer

POLISIE WOU DIE DOMINEE-JOERNALIS ABRAHAM LüCKHOFF POOTJIE

Deur Johannes Froneman Hoe die Veiligheidspolisie in die apartheidera ook by Afrikaanse joernaliste se werk ingemeng het, word bevestig in dokumente wat tot my beskikking gestel is. In 1969 is Abraham Lückhoff, toe joernalis by Die Nataller, ‘n pers-identiteitskaart geweier, vermoedelik omdat hy as ‘n linkse gevaar beskou is. Lückhoff het die Veiligheidspolisie se aandag op hom gevestig nadat hy 18 maande in Amerika gestudeer...

Lees meer

HOE DIE BROEDERBOND ‘N AFRIKAANSE REDAKTEUR UITGEHAAL HET

Meer as een Afrikaanse redakteur is deur die jare kant toe geskuif of selfs afgedank — veral oor politiek — maar net Barend Venter is uit die kussings gelig weens onder meer ‘n kritiese artikel oor die Afrikaner-Broederbond. Hierdie storie kan nou vir die eerste keer aan die hand van oorspronklike dokumente vertel word. Deur JOHANNES FRONEMAN  Barend Venter het sy loopbaan in 1950 by die Kaapstadse dagblad Die Burger begin nadat hy ‘n...

Lees meer