Die Sunday Times is feitlik sedert sy ontstaan in 1906 die land se grootste koerant en ‘n belangrike nuusmedium — veral voordat ander media sterk na vore getree het. Die blad was ook vir baie lank ‘n belangrike politieke rolspeler. Hierdie eeufeesboek vertel egter nie die storie van die koerant nie; dit is eerder ‘n...
Harald Pakendorf het op jong leeftyd (vlak in die 30) redakteur van ‘n nuwe Pretoriase koerant, Oggendblad, geword. Hy was toe reeds ‘n ruk lank redakteur van ‘n blad in Rhodesië (nou Zimbabwe), maar Marius Jooste, die Perskorbaas, het dalk gevoel hy kan beter van hierdie talentvolle joernalis gebruik maak. Pakendorf se redakteurskap is deur politiek ingeperk en uiteindelik kortgeknip. Johannes Froneman het hierdie stuk vir Beeld geskryf by die bekendstelling in 2018 van Pakendorf se...
Die Stellenbosse akademikus het twee belangrike boeke geskryf: die een lê die politiek binne ‘n redaksie — veral die kunsteredaksie — bloot; die ander ondersoek hoe ras reeds vir meer as 200 jaar in die media neerslag vind. BROTHER IN ARMCHAIRS — Post-apartheid cultural struggles at Die Burger Gabriël J. Bothma SUN PRESS, Stellenbosch 2014...
Die Kerkbode is die oudste bestaande Afrikaanse blad en kom in verskeie boeke ter sprake — ook hier waar ‘n oudredakteur en gewese nuusredakteur hul stories vertel. OP PAD MET GOD SE MENSE Frits Gaum Ex Animo-boeke, Kaapstad 2004 Frits Gaum is ‘n bekende deelnemer aan kerklike polemieke — ook lank nadat hy uitgetree het...
Bundels met aanhalings is altyd nuttig. Hier is twee: een algemene aanhalingsboek (in Afrikaans) en een gefokus op vryheid van spraak, die joernalistiek en die mediawêreld (in Engels). DIE GROOT AANHALINGSBOEK George Claassen, Piet Muller en Morkel van Tonder Human & Rousseau, Kaapstad 1998 ‘n Groot verskeidenheid temas kom in hierdie boek aan die orde,...
Rykie van Reenen het self ‘n paar boeke gepubliseer, onder meer die Op die randakker-bundel. Dan is daar die omvattende werk deur Lizette Rabe waarin die veelgeprese joernalis belig word. RYKIE — ‘n Lewe met woorde Lizette Rabe Tafelberg, Kaapstad 2011 Die leser moet nie hier ‘n volbloed-biografie verwag nie. Maar dit is seker die...
Izak de Villiers was redakteur van Sarie en hoofredakteur van Rapport ná ‘n suksesvolle loopbaan as predikant, digter en skrywer van Christelike literatuur. Strooidak en toring Izak de Villiers Umuzi, 2009 Izak de Villiers se loopbaan as joernalis het twee fases beleef: as redakteur van die vrouetydskrif Sarie was hy suksesvol en gewild; by Rapport...
Dirk Richard was ‘n tydskrif- en koerantredakteur, politieke voorloper en gewaardeerde optekenaar van persgeskiedenis. Hierdie twee boeke deur hom is andersoortig, maar ewe leesbaar. TUSSEN BID EN DROOM — ’n koerantman het albei nodig Dirk Richard Constantia, Pretoria 1986 Aan die einde van sy loopbaan by Perskor, het Richard vir ‘n paar maande sy aftrede...
Hier is twee boeke wat die stryd om mediavryheid in Suid-Afrika in detail beskryf. Die eerste is ‘n volbloed geskiedenis; die tweede ‘n meer persoonlike kyk deur ‘n redakteur. Saam verteenwoordig dit ‘n belangrike blik op ‘n stryd wat reeds meer as twee eeue duur — en voortduur. A LUTA CONTINUA — A history of...
Suid-Afrika se media het ná 1990 merkwaardig verander weens politiek- en handelsgedrewe transformasie. Daar was by die publikasie van hierdie roman (in 2009) nog min daaroor geskryf. Om na ‘n wit plafon te staar, deur ‘n voormalige Naspers-joernalis, Jaco Kirsten, was daarom ‘n tydige kykie op hoe die uitgewer van die groot gros Afrikaanse koerante en tydskrifte getransformeer is. Die gevolge hiervan is steeds binne Naspers voelbaar. OM NA ‘N WIT...