In die gedenkboek Beeld 50 — Om ‘n groot storie hard te slaan (saamgestel deur Erika de Beer) is ‘n magdom inligting, stories en foto’s oor dié koerant se eerste vyf dekades byeengebring. Maar Beeld het ook deur die jare akademiese navorsers se aandag getrek, juis omdat die blad sedert die 1980’s by uitstek beskou...
In antwoord op ons vrae rakende die ontstaan van Son as weekblad (genaamd Kaapse Son), die verskillende streekuitgawes daarvan en hoe dit gemorfeer het in ‘n dagblad gemik op bruin mense, asook die mislukte Sondagblad genaamd Sondag, het die stigterredakteur van Son, Ingo Capraro, insiggewend gereageer oor sy rol. Kaapse Son is wel as weekblad...
Gemeenskapskoerante was lank ‘n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse medialandskap. In die jongste jare het talle koerante gesluit of is saamgevoeg en is hulle glad nie meer die faktor wat hulle vroeër was nie. Hier word na enkele voorbeelde gekyk — veral ouer koerante voordat hulle plek moes maak vir ander of ingesluk is deur...
Deur André J. Brink Hierdie stukke het vroeër op ander platforms verskyn en word hier met die skrywer se toestemming geplaas. ‘n Foto van Diana op Wimbledon Toe ek in Desember 1990 van Die Volksblad af in Londen aankom as verteenwoordiger van Nasionale Koerante, het ek ’n paar goed van my onmiddellike voorganger, Thinus Prinsloo,...