‘BEELD’ DEUR TALLE NAGEVORS

In die gedenkboek Beeld 50 — Om ‘n groot storie hard te slaan (saamgestel deur Erika de Beer) is ‘n magdom inligting, stories en foto’s oor dié koerant se eerste vyf dekades byeengebring.

Maar Beeld het ook deur die jare akademiese navorsers se aandag getrek, juis omdat die blad sedert die 1980’s by uitstek beskou is as die toonaangewende Afrikaanse koerant.

Soms is spesifiek op die koerant se inhoud gefokus, ander kere is die koerant betrek omdat dit deel was en is van die koerantbedryf. En dan is Beeld uiteraard menigmale bloot as nuusbron aangehaal.

Navorsing wat spesifiek op Beeld gefokus het, het neerslag gevind in akademiese verhandelings, artikels en hoofstukke in boeke. Verhandelinge en skripsies sluit in:

Johannes Froneman se “’n Beeld van die kerk in die pers” (1989, US).

Talia Tompson se “Psychological Responses to Coverage of Crime in the Beeld Newspaper” (2009, Wits).

Engela Lamprecht se “The representation of Caster Semenya in Beeld and Rapport during August and September 2009: A case study” (2013, US).

Marguerite Vermeulen se “The execution of digital first editorial strategy in South Africa: The case of Netwerk24, Beeld, Die Burger and Volksblad” (2020, US).

Artikels in vaktydskrifte sluit in:

Taalhandelingsdeterminante in koerantkoppe” deur E. Delport (Communicare, 1999).

“In search of truth : the TRC and the South African press — a case study” deur A.S. de Beer en J. Fouche (Ecquid Novi, 2000).

Beeld as a mirror on the world: a qualitative study of international news flow and news selection at South Africa’s biggest Afrikaans daily” deur Arrie de Beer en Elanie Steyn (Communication, 2007).

“ ‘n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapportdeur Christo Lombaard  en Johannes Froneman (Litnet Akademies, 2011).

“The reception of the alternative voice by Afrikaans readers (1994–2002)” deur Christina Landman (HTS Teologiese Studies, 2023)

Die belangrikste hoofstuk oor Beeld se eerste jare verskyn in Oor grense heen (J.J.J. Scholtz, Tim du Plessis en A.S. de Beer).

— Johannes Froneman