Hierdie afdeling gee ons ‘n oorsig van Afrikaanse koerante wat die afgelope eeu en meer verskyn het – en in sommige gevalle steeds as digitale publikasies of papierkoerante gelees kan word.

KOERANT-PLAKKATE SE BYDRAE

Koerante het deur die dekades potensiële lesers met slim plakkate teen lamppale en by die kafee om die hoek geprikkel om ‘n eksemplaar te koop. Dit lyk of die ineenstorting van die koerantmark die einde van plakkate meegebring het — of dan drasties ingekort het. Ons mis die slim plakkate! — van die skokkende tot...

Lees meer

KOERANTE HET KLANK, KLEUR EN DRAMA NA MIDDESTEDE GEBRING

Deur Johannes Froneman Ek het in Durban grootgeword waar die Daily News die sterk middagkoerant was. Soos elders is die stadskultuur gekenmerk deur die inspuiting van energie wat die verskyning van die middagkoerant op straat meegebring het. Of so onthou ek dit. Afrikaanse koerante was hier en daar in Durban te kry, soms ‘n dag laat. Die Vaderland het in die 1960’s seker met...

Lees meer

‘DE ZUID-AFRIKAAN’, ‘ONS LAND’ EN ‘DIE SUIDERSTEM’

Ons Land het in 1930 op sy honderdste verjaarsdag sy deure gesluit. Die blad se geskiedenis kan teruggevoer word na die stigting van De Zuid-Afrikaan in 1830. Later, in 1894, smelt die twee blaaie saam en staan tot aan die einde bekend as De Zuid-Afrikaan verenigd met Ons Land. Die blad het die Suid-Afrikaanse Party...

Lees meer

ADVERTENSIES WAT TYDSKRIFTE EN KOERANTE LAAT OORLEEF

Advertensies is die lewensbloed van die drukmedia. Totdat sigaret- en drankadvertensies in koerante en tydskrifte verbied is, was dit belangrike bronne van inkomste, maar ander verbruikersprodukte is ook gereeld op papier gesien — totdat TV-advertensies in 1978 begin verskyn het en ‘n groot hap van totale advertensiebesteding afgerokkel het. Sedert die koms van Google en...

Lees meer

FOTOVERHALE HET LESERS OOK NA KOERANTE EN TYDSKRIFTE GELOK

Fotoboekies het in die 1950’s, 1960’s en 1970’s ligte lees-en-kykstof aan die massas gebied. Die “vader van die (Afrikaanse) fotoboekie”, Hint Hyman, het dié behoefte uitgebuit en titels soos Mark Condor, Ruiter in swart en Tessa het so deel van die populêre kultuur geword dat koerante en tydskrifte nie die gewildheid daarvan kon ignoreer nie....

Lees meer

AFRIKAANSE KOERANTE IN SUIDWES-AFRIKA EN NAMIBIë

Verskeie Afrikaanse koerante het in die 20ste eeu in die destydse Suidwes-Afrika bestaan. Onder hulle was Die Suidwester en Die Suidwes-Afrikaner, wat lank (1927-1976) die mondstuk van die Verenigde Nasionale Suidwes-party (VNSWP) was. Dié party het die beleidsrigtings van genl. Jan Smuts se Verenigde Party (VP) in die destydse Suidwes-Afrika (nou Namibië) verteenwoordig. Maar politieke veranderinge het ook die koerantlandskap...

Lees meer

VADERLAND

Die Vaderland het in September 1915 as Ons Vaderland ontstaan om steun te gee aan die Nasionale Party van genl. J.B.M. Hertzog. Harm Oost, wat Het Volk geredigeer het voordat dit tydens die 1914-rebellie verbied is, is as redakteur aangestel. Die eerste uitgawe van Ons Vaderland, gedateer 10 September 1915. Die afdruk kom uit L.J....

Lees meer

OOSTERLIG

Die Oosterlig het in 1937 tot stand gekom, ‘n geloofsdaad wat alles te make gehad het met die strewe van Afrikaners in die Oos-Kaap...

Lees meer

PAARL POST

Die Paarl Post is meer as honderd jaar oud, wat dit een van die land se heel oudste gemeenskapskoerante maak.

Lees meer

VRYE WEEKBLAD

In die kookpot-situasie van die 1980’s verskyn verskeie sogenaamde alternatiewe blaaie in Suid-Afrika. Onder hulle tel die Weekly Mail, South, Saamstaan en Vrye Weekblad. Laasgenoemde blad, met Max du Preez as redakteur, het weekliks ‘n skerp anti-establishment-boodskap landwyd in Afrikaans laat hoor. Die eerste uitgawe van Vrye Weekblad het op 4 November 1988 verskyn en...

Lees meer