Hierdie afdeling is ‘n ruimte waar mediamense rustig kan terugkyk op hul loopbane. Of waar ander op mediamense se bydrae kan reflekteer. Mediamense word dus genooi om hul herinneringe of perspektiewe by nabaat met ons te deel.

GESIGTE VAN STEMME UIT DIE SAUK SE VERLEDE

Gustaf Pienaar vertel van ‘n foto van die deelnemers aan die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK (RSG se voorloper) se jaarlikse programkonferensie rondom 1979 in Aucklandpark, Johannesburg. Daar is minstens vier mense op die foto vir wie ek groot waardering gehad het. Die eerste is Gerhard Viviers wat organiseerder van sportprogramme was.  Sy hare het nooit...

Lees meer

OTTO DU PLESSIS — ‘DIE OOSTERLIG’ SE EERSTE REDAKTEUR

Dr. Otto du Plessis was in 1937 die stigter-redakteur van Die Oosterlig in Port Elizabeth nadat hy hom in 1931 by Die Burger aangesluit het. Daar het hy uitgeblink, onder meer as hoofsubredakteur. Hy was ook ‘n tyd lank in Nasionale Pers se politieke korrespondent in Pretoria. Hy dien van 1937 tot 1942 by Die Oosterlig en word...

Lees meer

VREEMD, VREEMDER EN VREEMDSTE BERIGTE

Blaai jy deur ou koerante, val die vreemdste van berigte jou op. Maar hulle was nie tóé vreemd nie. Eintlik gewoon, normaal vir die tyd. Tog, net binne ‘n bepaalde ideologiese konteks. Vandag kan ons net daaroor kopskud. En wonder wat mense oor 50 jaar of langer oor vandag se berigte sal sê. Probleem is...

Lees meer

‘N DEUR GAAN OOP NA 27 GOEIE JARE BY ‘DIE POS’

Deur Keina Swart My onderhoud as junior verslaggewer by Danie Stoltz, Die Pos se vorige eienaar en redakteur, was een van die vreemdste ervarings. Hy was bot. Eintlik heel onbeskof. Hy het heeltyd aangegaan met sy werk en nie juis opgekyk nie. “Ek hoop jy besef ek kan jou nie betaal wat Beeld jou betaal...

Lees meer

‘N GEJAAG BY ‘OOSTERLIG’ OM BETYDS TE WEES

Deur Ben Louw Destyds, in die laat 1950’s, is ek as groentjie sommer met my intrapslag by Die Oosterlig gewaarsku: “Vir ‘n koerantman is daar nie so iets soos werkure nie. Jy moet 24 uur in elke dag gereed wees om vir werk ingespan te word! En daar is nie so iets soos oortydbetaling vir joernaliste nie!“ Redaksielede en veral die sportskrywers het destyds net een Sondag elke veertien dae vry gehad. Ons moes ook Saterdae tot een-uur die middag op kantoor wees!...

Lees meer

POLISIE WOU DIE DOMINEE-JOERNALIS ABRAHAM LüCKHOFF POOTJIE

Deur Johannes Froneman Hoe die Veiligheidspolisie in die apartheidera ook by Afrikaanse joernaliste se werk ingemeng het, word bevestig in dokumente wat tot my beskikking gestel is. In 1969 is Abraham Lückhoff, toe joernalis by Die Nataller, ‘n pers-identiteitskaart geweier, vermoedelik omdat hy as ‘n linkse gevaar beskou is. Lückhoff het die Veiligheidspolisie se aandag op hom gevestig nadat hy 18 maande in Amerika gestudeer...

Lees meer

HOE DIE BROEDERBOND ‘N AFRIKAANSE REDAKTEUR UITGEHAAL HET

Meer as een Afrikaanse redakteur is deur die jare kant toe geskuif of selfs afgedank — veral oor politiek — maar net Barend Venter is uit die kussings gelig weens onder meer ‘n kritiese artikel oor die Afrikaner-Broederbond. Hierdie storie kan nou vir die eerste keer aan die hand van oorspronklike dokumente vertel word. Deur JOHANNES FRONEMAN  Barend Venter het sy loopbaan in 1950 by die Kaapstadse dagblad Die Burger begin nadat hy ‘n...

Lees meer

TOE PERDE NOG KOERANTE VERKOOP HET

Deur Johannes Froneman  Iewers in my koeranttrommel sal ek voorbeelde van perdebladsye kan kry. En rondom die eerste Saterdag in Julie sou al wat leef en beef geweet het watter perde hardloop in die July. Daarvoor het die foto’s en berigte gesorg. Selfs mense wat nooit ‘n rand op perde sou verwed nie, het ‘n lootjie by die by die werk getrek. Jy het ‘n nommer gehad, al het...

Lees meer

ILSE SALZWEDEL — ‘N VEELKANTIGE LOOPBAAN AS VRYSKUT-MEDIAMENS WAT VOORTSTU

Ilse Salzwedel het al vir al wat media is geskryf: koerante en tydskrif, radio en sosiale media, meestal as ‘n vryskut. Plus ‘n hele bondel boeke. Sy vertel haar storie tot hier toe aan JOHANNES FRONEMAN. Ilse, jy het op Stellenbosch geswot, maar nie joernalistiek nie. BA Politiek?  Dis belangrik om te sê dat ek eers...

Lees meer

IRMA GREEN — KONINGIN VAN GEMEENSKAPSKOERANTE

Irma Green is groepredakteur van Caxton Local Media (CLM). Hulle gee 115 koerante uit en het 51 CLM-webwerwe en sosialemediaplatforms. Voorheen was sy redakteur van die Laevelder, waar sy naam gemaak het as uitstaande joernalis. JOHANNES FRONEMAN het ‘n paar vrae aan haar gestel. Vertel ons wat jou huidige pos behels. Met my aanstelling in 2016 het ek hoofsaaklik op...

Lees meer