In Dot Serfontein se hoogs leesbare herinneringe vertel sy oor haar grootwordjare, universiteitsopleiding, skoolhoujare én kort loopbaan by Die Volksblad… plus ‘n ander vreemde storie oor die persfotograaf Louw Pretorius.
Vrypas
Dot Serfontein
Protea Boekhuis, Pretoria
2009
Sy word later ‘n gerekende skrywer van kortverhale en romans (onder haar nooiensvan) — en word “ontmasker” toe haar dogter, Antjie Krog, as skoolmeisie gedigte skryf wat aanstoot gee en dit ‘n bohaai in die koerante veroorsaak.
Oor haar aanstelling by Die Volksblad skryf sy:

Sy leer egter vinnig en vertel…

Skakel Kriek se voorskrifte rondom 1949 aan jong verslaggewers by Die Volksblad vertel sy eie verhaal:

Serfontein se herinneringe aan die media van destyds strek effe verder as haar tydjie by Die Volksblad. Sy vertel hoe die fotograaf Louw Pretorius geteister is weens ‘n foto wat hy van dr. H.F. Verwoerd geneem het toe dié op ‘n draagbaar (vermoedelik) uit die Parlementsgebou gedra is nadat hy dodelik deur ‘n sluipmoordenaar gewond is.
Sy skryf verder:

Maar is hierdie storie waar? Kan dit deur iets of iemand bevestig word? Het die uitgewer moeite gedoen om dit te kontroleer? Dit maak nie sin dat hy geteister is weens ‘n enkele foto nie, veral nie as die foto (of ‘n soortgelyke een) in meer as een koerant verskyn het nie, insluitende Die Burger. Of gaan dit oor die voete wat sou uitgesteek het?

Volgens Serfontein het Louw en sy gesin aangesukkel totdat Skakel Kriek hom by Landbouweekblad betrek het en hy die res van sy loopbaan daar diens gedoen het.
Kyk by https://mediamense.com/groot-nuus-verwoerd/ vir koerantdekking van die moord.
— JDF