‘n Verklaring deur ‘n groep joernaliste van Naspers aan die Waarheid-en-Versoeningskommissie het in 1997 groot opskudding veroorsaak omdat die maatskappy, by monde van sy voorsitter, Ton Vosloo, nie gemeen het dat deelname aan die WVK enige nut het nie. Die groep van sowat 140 (wat die hart van Afrikaanse drukmediajoernaliste verteenwoordig het) het dus openlik teen Vosloo-hulle se standpunt gerebelleer. Die vraag wie hulle almal was, is nog onopgelos.
Deur Tobie Wiese, een van die ondertekenaars
Niks is toevallig nie. Pas het dr. Desmond Tutu 90 geword toe ek afkom op ‘n toespraak wat hy in Mei 1998 as voorsitter van die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) gelewer het.
Laat ek dadelik erken: dis nie ter wille van ‘n teologiese insig of iets dergeliks bewaar nie, maar om dié opmerking: “It is wonderful to acknowledge the courage and integrity of the nearly 150 Afrikaner journalists who made an amazing submission to the TRC despite the opposition from their bosses.”
Die aartsbiskop van Kaapstad kon ook, om meer spesifiek te wees, na ons verwys het as “Naspers-joernaliste”. Nie net oor die kompliment het ek die toespraak bewaar nie ─ daardie “150” het my toe al laat wonder.
Om die geheue te verfris: Die WVK het teen die einde van 1995 tot stand gekom as ‘n nasionale projek om in die reine te probeer kom met die land se apartheidsverlede. Die doel was eerstens om menseregte-vergrype bloot te lê, families van slagoffers die geleentheid te gee om eerstehands te verneem wat van hul geliefdes geword het en oortreders ‘n platform te bied om verskoning te vra of hulself te verduidelik. Deur dié vertel van stories en die oorweging van amnestie aan oortreders, was dit die kommissie se oogmerk om versoening te bevorder.
Die klimaat vir “bieg” was nie gunstig by die voorheen sterk NP-gesinde Die Burger nie.

Die WVK het talle instansies ─ van politieke partye en sakelui tot kerke en die nuusmedia ─ genooi om voorleggings te doen oor hul politieke en maatskaplike rol tussen 1960 en 1994. Onder diegene wat die uitnodiging aanvaar, opgedaag en voorleggings gedoen het, was belangrike Afrikaanse instellings soos die NG Kerk en die Afrikaanse Handelsinstituut.

Die Burger se siening van die WVK (soos uitgebeeld deur sy spotprenttekenaar, Fred Mouton.)

Nou is daar nog dié vraag: Wie is die vermiste stuk of tien?
Naspersnuus: uitgawes van Augustus en September 1997
Berigte in Beeld, Die Burger en Rapport; 1 September 1995 tot 31 Desember 1998
Oor grense (Jonathan Ball Uitgewers, 2018) deur Ton Vosloo
Kroniek van die Waarheidskommissie (Carpe Diem Boeke, 1999) deur dr. Piet Meiring
Truth and Reconciliation Commission, Final Report Vol 4 (pp. 165-198)
WVK Final Report Vol 4 ook MEDIA.pdf
***
Hulle is op die lys
En wie nog? Die skrywer soek ‘n stuk of tien name wat klaarblyklik ontbreek (as byna 150 die verklaring onderteken het). Hier is die mense wat sover bekend die verklaring onderteken het wat ‘n belangrike maar omstrede baken in die geskiedenis van Naspers geword het.
Adams, Shireen; Adema, Sybrandus; Alfonso, Theresa.
Badenhorst, Helena; Beyer, Judy; Bezuidenhout, Nick; Boezak, Echbert; Botha, Alida (Buckle); Botha, Leon; Bothma, Peet; Botma, Gabriël; Booyens, Hannelie; Brynard, Karin; Burger, Amelia.
Caldecott, Reg; Church, Rachel; Claassen, George; Coetzee, Amanda; Coetzee, Carol; Coetzee, Sandra; Conradie, Renée; Cornelissen, Andries.
De Beer, Barry; De Beer, Erika; De Lange, Liezel; De Meyer, Johan; De Waal, Egbert; De Waal, Elmari; Diedericks, Erla-Mari; Du Plessis, Tim; Du Preez, Lieze.
Els, Jeanne; Engelbrecht, Theunis; Erasmus, Elfra; Eybers, Johan.
Fillies, Avril; Foster, Karen; Fourie, Carien; Fourie, Retha.
Geertsema, Margaretha; Gibson, Erika; Gouws, André; Gouws, Andries; Greyling, Ferdi; Grobler, Magrieta.
Hardie, Michelle; Hefer, Stefanie; Heyns, Fanie; Hill, Markus; Hoffman, Colin; Hudson, Mari.
Jackson, Neels; Jordaan, Dirk; Joubert, Herman; Joubert, Jan-Jan.
Karriem, Kay; Karshagen, Ingrid; Kemp, Franz; Kempen, Willem; Kolbe, JL; Koopman, Andrew; Kotzé, Adri; Kotzé, Christiaan; Kruger, Peet; Kühne, Inge.
Lamprecht, Barry; Lamprecht, Deon; Landman, Ruda; Laubscher, Louise; Ley, Marga; Liebenberg, Dries; Loots, Sonja; Lötter, Francois; Loubser, Henriëtte; Louw, Celeste; Louw, Elretha.
Marais, Michelle; May, Julie; Mischke, Anne-Marie; Muller, Haidee; Müller, Waldo.
Nel, JP.
Opperman, Ilse; Opperman, Marie.
Petersen, Linda; Pieters, Michelle; Pople, Laetitia; Potgieter, De Wet; Pretorius, Cornia; Pretorius, Willem; Prinsloo, Arlene; Prinsloo, Thinus.
Roggeband, Ilza; Rossouw, Arrie; Rossouw, Ronelle.
Schaum-Sebring, Ina; Slabber, Coenie; Snyman, Dana; Stofberg, Andriette; Streek, Diana; Swanepoel, Thalyta; Swart, Magda; Swartz, Mary-Ann.
Tempelhoff, Elise; Theron, Ian.
Uys, Thys.
Van Bosch, Cobus; Van Breda, Dewald; Van Breda, Michélle; Van den Berg, Leon; Van der Linde, Ina; Van der Merwe, Elna; Van der Merwe, Mike; Van der Stad, Marjolein; Van der Walt, Sarel; Van der Westhuizen, Christi; Van der Westhuizen, Gert; Van Niekerk, Leoné; Van Rensburg, Gallie; Van Rooyen, Annelize; Van Rooyen, David; Van Staden, Leonora; Van Tonder, Johann; Van Wyk, Anna-Marie; Van Wyk, Johan (JJ); Van Wyk, Marguerite; Van Zyl, Natasja; Viljoen, Julia; Visagie, Jacques; Visser, Amanda.
Waldner, Mariechen; Wasserman, Helena (Schutte); Wasserman, Herman; Weideman, Esmaré; Wessels, Roux; Whitfield, Nikki; Wiese, Tobie; Withers, Ethne; Wolvaardt, Elmien; Wrottesley, Roz.
Yssel, Eugene.
Insig se voorblad met ‘n foto van biskop Desmond Tutu.

Die volledige berig oor die WVK-rebellie én Ton Vosloo se aanvanklike reaksie, soos dit in Die Burger verskyn het.

Ton Vosloo het in 2015 en 2018 in ‘n Konstante revolusie: Naspers, Media24 en oorgange (saamgestel deur Lizette Rabe) en Oor grense sy standpunt verduidelik en aangepas. Kyk uit vir ‘n volledige artikel oor Vosloo wat eersdaags op hierdie webblad sal verskyn.
Geplaas: Oktober 2021