Hierdie boek is in opdrag van die SAUK geskryf en diep inligting op oor die beginjare van radio in Suid-Afrika.
U HET GELUISTER…
Eric Rosenthal
Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, Johannesburg
1974
Hierdie is ‘n basisboek oor die geskiedenis van die vroeë dae van radio-uitsendings wat in die jare voor die stigting van die SAUK deur onder meer die Suid-Afrikaanse Spoorweë, die Skiereilandse Reklamevereniging en radioverenigings gehanteer is. Telkens moes lisensies van die Poskantoor verkry word. Uitsendings was soms net tot ‘n bepaalde geleentheid beperk.
Mense soos Gideon Roos en Douglas Fuchs was vroeg reeds by uitsendings betrokke voordat hulle sedert 1936 belangrike rolle vervul het in die uitbou van die Afrikaanse radio-uitsendings van die SAUK asook die korporasie as geheel.
Rosenthal gee in ‘n hoofstuk spesifieke aandag aan Afrikaanse radio in hierdie vroeë jare. Daarin kom pioniere soos Herman Steytler, M.P.O. Burgers en Pieter de Waal se name ook voor.
Dit was ‘n tyd waarin mense vir die eerste keer “draadloostoestelle” begin koop het, die gehalte van die uitsendings soms swak was en alles lewendig gedoen is. Inderdaad pionierjare.
In 1927 het die African Broadcasting Company (ABC) van I. W. Schlesinger radio-uitsendings landwyd oorgeneem totdat die SAUK in 1936 gestig is en sommer ook die maatskappy se toerusting gekoop het.
Die boek is met sorg deur dr. Rosenthal nagevors en in Engels en Afrikaans uitgegee. Die Afrikaanse vertaling is deur Jan Pretorius behartig. — JDF
Enkele uittreksels:
Oor die eerste Afrikaanse omroeper skryf Rosenthal:

Die radiopionier M.P.O Burgers vertel van ‘n toets wat hy moes aflê om as Afrikaanse omroeper te kwalifiseer:

Onderwysers was baanbrekers van die uitsaaiwese:

Gideon Roos, een van die grootste Afrikaanse uitsaaier ooit, het deur sy sang in die uitsaaiwese beland.
