Hierdie is nie ‘n boek oor koerantgeskiedenis nie, maar ‘n blik op die land se geskiedenis met ‘n bietjie teks, aangevul deur ‘n aantal voorblaaie van ‘n paar Engelse koerante. Dit gee dus terselfdertyd ‘n blik op hoe koerante gelyk het en hoe hulle die nuus van die dag gedra het. Hierdie is die vyfde uitgawe van die boek nadat die eerste reeds in 1976 verskyn het. Dit is mooi aangevul met meer onlangse voorblaaie, sommige in volkleur.
A NEWSPAPER HISTORY OF SOUTH AFRICA
John Cameron-Dow
Don Nelson, Kaapstad
Vyfde uitgawe, 2014
Hier is enkele voorbeelde:
Die Coalbrook-mynramp in die Vrystaat het in 1960 wye dekking ontvang.
In 1966 is die July-gunsteling, Sea Cottage, geskiet. Die perd het toe wel ‘n vierde plek in die wedren losgehardloop.
In 1987 het ‘n Boeing van die SAL, die Helderberg, onverklaarbaar in die see gestort.