‘VOLKSBLAD’-MENSE SKRYF MEER AS ‘N DUISEND BOEKE

Deur Herman le Roux

Joernaliste van Volksblad het dalk, as ‘n stokperdjie of later as beroep, meer boeke geskryf as redaksielede van enige ander koerant in Suid-Afrika – of selfs in die wêreld. En van hulle is met die hoogste pryse bekroon.

Enorme bydraes deur skrywer-reuse soos C.M. van den Heever (redaksielid in 1925), Dot Serfontein (oud-vroueredaktrise), Pieter W. Grobbelaar (jeuglektuur), die “nuweling” Jaco Jacobs (ook kinderboeke) en veral Wille Martin, fiksie-skrywer soos min, bring mee dat meer as tagtig Volksbladders meer as 1 000 boeke geskryf het!

Jaco Jacobs het meer as 150 kinderboeke geskryf en meer as 250 kinderboeke vertaal. En dan is daar ook nog die veelsydige Piet Meiring; die digter Pirow Bekker; die taalghoeroe Jaap Steyn; Deon Meyer, die aktiewe skrywer van spanningsromans wie se boeke al in byna dertig lande vertaal is, en nou ook Chris Karsten en Rudie van Rensburg, wat diep in die misdaadwêreld delf. Chris Moolman het as skrywer van spanningsverhale ook ‘n bydrae gemaak. 

Wille Martin, wat op 2 Januarie 1956 saam met my en wyle Flip Oosthuysen as nuwelinge in die redaksie van Die Volksblad begin werk het, het sowat 220 boeke geskryf. 

Herman le Roux met een van sy eie boeke in die hand. Teen die muur van sy herinneringe aan ‘n lang loopbaan. Die foto is in 2021 deur Johannes Froneman geneem.

J.C. (Jaap) Steyn het onder meer die volgende toekennings ontvang: Eugene Marais- en Ingrid Jonker-pryse vir die digbundel, Die grammatika van liefhê (1975); die Recht Malan- en Louis Luyt-pryse vir die taalpolitieke werk, Tuiste in eie taal (1980); die Langenhovenprys van die SA Akademie in 1988 vir taalwetenskap; die Recht Malan- en Rapport-pryse vir Boekewêreld (1992) wat handel oor Naspers se uitgewery tot 1990; die SA Akademie se Stalsprys vir geskiedwetenskappe ná die publikasie van Van Wyk Louw – ‘n lewensverhaal (2 dele) in 1998 en die SA Akademie se Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie vir Die honderd jaar van M.E.R. (2004); ATKV se N.P. van Wyk Louw-eerbewys.

C.M. van den Heever het vir sy Laat vrugte in 1942 die Hertzogprys vir prosa ontvang.

Deon Meyer het onder meer die ATKV-prosaprys drie keer van 2003 tot 2005 ontvang vir Orion, Proteus en Infanta. Buitelandse erkenning het gevolg ná die vertaling van Feniks en Orion in Frans en vir Proteus ontvang hy ook die Duitse Misdaadfiksie-prys in 2006 en daarna die Amerikaanse Barry-prys vir sy vertaalde boek Thirteen Hours.

Pieter W. Grobbelaar het onder meer die C.P. Hoogenhout-toekenning en die Tienie Holloway-prys ontvang. Chris Karsten het van die ATKV Woordveertjies ontvang en Jaco Jacobs is ook vir sy kinderboeke vereer.

Die alfabetiese lys van die skrywers (met verwysing na hul eerste, of  bekendste boek of boeke) was in Augustus 2021 die volgende:

Alta Beetge: Kontrei-kletsies; Pirow Bekker (sowat 20 titels): Manna Kommering (roman), Die klip sing (1965), Van roes en amarant (2006); Wiets Beukes: En kyk, ‘n wit perd (1975), Oor grense heen (1992); Johan Botha: Die groot vyf (1997), Koukonap (2016); André J. Brink: Die groot grapboek (onder die naam Andries Brink), 501 lekkerlag-grappe (2016); Stoffel Cilliers: Die padda-rebellie en verskeie e-boeke, soos  Monsterspruit (2018).  

Henry Cloete: Draalnoot vir ‘n janfiskaal (2015); Frans Coetzee: Vir die onskuldigdes, Die ding met die Dukse; Wilma de Bruin: redakteur van UP se eeufeesboek vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; Nonnie Dedekind: Wyn – kyk-, ruik-, en Proegids vir almal; Pieter Delport: Leon die lokvink; Les de Villiers (meer as 10): Secret Information (1980), Safari Guide; The Ultimate Safari Guide (2015); Niël du Bois: De Vette Mossel (2015); Pieter du Toit (saam met Adriaan Basson): Enemy of ther peopleAndreas du Plessis (meer as 10):Orania – eerste volkstaatdorp, fotoverhale en draaiboeke; Bert Ferreira: Allan Quartermain; Jannie Fourie: Murrayfield en Daarna; Jens Friis: Philippolis, die oudste nedersetting in die Vrystaat (2018); George Gerber: Dok Craven: Agter die kap van die byl (2000); Hennie Gerber: Danie Craven se top-Springbokke (1977), Craven (1977); Piet Gouws: Handskrifgeheime; Blaar Grobbelaar: (saam met Gerard Ludi): Die verbasende Bram Fischer; Pieter W. Grobbelaar (meer as 40):Die Mooiste Afrikaanse Sprokies (1974), Kinders van konings (2009); Phillip Henn: 500 myl (2020); Louis Hiemstra: Tweetalige Woordeboek (redakteur); Annette Human (sowat 30 kookboeke): Huisgenoot se Wenresepte (1987),  Mikrogolfwenners (1992), Lekker vir later (2009); Jaco Jacobs (meer as 150):Troetelgedrog (2001), Perfek (2009), Kougom in my hare (2016), Nadraai (2019), Kan ‘n walvis winde los (2020); Koot Jonker: Vegters teen Politieke Boelies (2009); Wilhelm Jordaan (meer as 5): Digterby (1987), Die genesing van herinneringe (saam met Daniël Veldsman en Cas Vos (2008), Sondesemoer! (2020), en vyftien akademiese boeke; Deon Joubert: Sagtebandboeke onder skuilname; Chris Karsten (sowat 20):Floris Sapiens (1997), Wrede Suid-Afrikaanse misdade met ‘n kinkel (2009), Charlize: Ek leef my droom (2009), die Abel-trilogie (2012), Die dood van ‘n goeie vrou (2016), Anderman se vrou (2019), Die versoeking van Thomas Maas (2020), Charné Kemp: Moord op Griekwastad (2014), Bloed, dunner as water (2018);  Franz Kemp: 60 dae in die Suid-Soedan (2010); Jaco Kirsten (meeras 5):Net aliens eet spinasie (2005), Pouveer (2008), Nadraai (2019); Ilse Krige: ‘n Lewe saam met ‘n bogeyman (2017); Willie Kühn: In die oog van die stilte (2005);

Herman le Roux (6):Spitse op die sportveld (1970, Vrystaaat! 100 jaar van hardlooprugby (1995)(saam met Frikkie van Rensburg), Sportpourri (1998), Gysie  (2000); George Louw (meer as 5): Koggelstok (1963), Kraai (2006); Kobus Louw: My vriend, Andries, en die TV-reekse Willem, Slampampersirkus en Die SeepsteenbataljonMadré Marais: Met somer in gedagte (2014), Luistervink (2020); Susan Maré: Sandsteenpraatjies (2012), Earl Martin: Swart horizon;  (Wille Martin (220): Chris Pelgrim (1968), Noem my Zol (1987); Piet Meiring (16): Ons eerste ses premiers (1972), Vyftig jaar op die voorblad (1979); Deon Meyer (byna 30): Feniks (1996), Orion (2000), 13 uur (2008), en ‘n draaiboek vir ‘n vollengte rolprent, Jakkalsdraai (2010), 7 Dae (2011), Ikarus (2015), Koors (2016), Spoor (2019); Donkerdrif (2020); Chris Moolman (sowat 20): Sweepslag (1996), Operasie Che (1997),  Ester (2009); Dalene Müller: Skryf Afrikaans van A tot Z (2003); Piet Müller (sowat 20): Die nuwe hervorming, Wat jy bedink, kan jy beklink, Die evangelie volgens Jesus (2018), Op pad. Spiritualiteit vir ‘n nuwe tyd (2020); Elsje Neethling: Ek droom van ‘n droom (2016); Marie Nel: Karoo in my bloed (2014); Nols Nieman: Ons lesers vertel (Deel 1 en deel 2);

Toekie Oberholzer: Alfonzo’s Quest (2021); Goethe Olwagen: Die Ollies (2015); Alf Ries: John Vorster 10 jaar, Broedertwis (saam met Ebbe Dommisse), Leierstryd (saam met Ebbe Dommisse); Beaumont Schoeman(meer as 5): Die sluipmoord op dr. Verwoerd (1975); Merwe Scholtz (meer as 10): Vlugtige spore (1947), Vertellers: Die groot Afrikaanse Verhaalboek (1990); Fred Schnetler (4): Motors en hul makers, Ford: Gister, vandag en more; Dot Serfontein (meer as 30): Liefde in die kwepertyd (1960), So min blomme (1966), Vertel! Vertel! (1995); Peet Simonis: Kom bou saam,  Ruimte vir Jesus in die media, Through Fire to Victory; Charles Smith: Volksblad-Nuusmakers – stories oor mense, nuus en gebeure oor 30 jaar (2019);  J.C. Steyn (meer as 20): Die grammatika van liefhê (1975), Van Wyk Louw: ‘n Lewensverhaal (1998), Die honderd jaar van M.E.R. (2004); ‘Ons gaan ‘n taal maak’ (2014); Verset & opbou (2019); Gert Terblanche: Rooidag breek op Rooikraal (2013); Piet Theron: Redakteur/samesteller van Belhar geweeg (2012), Kannie is (lankal) dood (2021); Roelf Theunissen: Springbokkaptein Dawie de Villiers (1972); Herman Toerien (meer as 10): Cry Freedom  Too (uitgegee in VSA),  Outisme, die besondere mens, JandréC.M. van den Heever (byna 40): Stemmingsure (1926), Droogte (1930),  Somer (1935), Versamelde Gedigte (1945); Toon van den Heever: Gedigte (1919), Eugene en ander gedigte (1931), Gerwe uit die erfpag van Skoppensboer; Jana van der Merwe: Grave Murder: The Story behind the brutal Welkom Killing (2015); Carla van der Spuy: Platsakwenke (2010), Mens of monster (2012), Plaasmoorde – slagoffers vertel self (2014); Bloed op haar hande (2015), Liefde agter tralies (2019); Poppedonsie (2020); Hennie van Deventer (22):Scoops en skandes (1993); Flaters enkraters (1996), Kroniek van ‘n koerantman (1998), In kamera (2003); Na verre hawens (2019); Bure van nature (2021); Frikkie van Rensburg (6): G.W. Rugby (1986), Vrystaaat! 100 jaar van hardlooprugby (saam met Herman le Roux, 1995), Cheetah-land, wéér Curriebeker-land!! (1995-2005), Eeufeesboek van Kovsierugby (2012); Rudie van Rensburg: Slagyster (2013), Kopskoot (2014), Judaskus (2015); Pirana (2016), Kamikaze (2017) Ys (2018), Medusa (2019), Vloek (2019), Merk (2020), Hans steek die Rubicon oor (2017), Hans gee Herklaas horings  (2021); Charl van Rooyen: Zola Budd; Quintus van Rooyen (3): Springbok-triomf, Die merkwaardige Flappie Lochner en sy aandeel in ons rugby (1972), Rugby in kettings: All Black-toer 1976 (1976), redakteur van SA Rugbyjaarboek (1971-97); At van Wyk (meer as 15): Honoris crux: ons dapperes – Our Brave (1982), Die Keeromstraat-kliek (1983); Johan van Wyk So was dit. Stories van gister en vandag (2013), So is dit nou (2016); Anna van Zyl: Soos ek dit sien; Joe Venter: 58 jaar se sport-genade (2013); Sarel Venter: ‘n Plek in die son…Die Afrikanerklub van Bloemfontein (2007), Waar rats die ribbok gaan….Briewe van Elsabe Steenberg (2018); Markus Viljoen: ‘n Joernalis vertel (1953); Tobie Wiese: Die verhaal van Elandskloof (2009), Die bike-boek (samesteller, 2009); Geheime revolusie (saam met Niël Barnard), Wreed en mooi is die dood (samesteller, 2019); S.F. Zaaiman: Die geskiedenis van Die Volksblad 1917-1925. Die geskiedenis van Die Volksblad 1948-1958; Paul Zietsman: Die taal is gans die volk (1992), Paul Kruger se laaste jare (1899-1904).