TV-NUUSMENSE VERTEL HUL STORIES

Riaan Cruywagen en Freek Robinson is waarskynlik die twee bekendste Afrikaanse mediamense in die TV-era, dus sedert 1976. Albei het ook lang loopbane as radiomense gehad. In hierdie twee outobiografieë vertel hulle meer oor hul onderskeie soms heel verskillende lewens en loopbane.

WAT’S NUUS?

Riaan Cruywagen

Naledi, Tygervallei

2012

Hierdie welkome boek gee goeie insig in die lewe en werk van die persoon wat sinoniem was met Afrikaanse TV-nuus. Maar as jy ‘n ernstige besinning oor die vraag “wat is nuus?” verwag, gaan jy dit nie kry nie. Die titel is daarom misleidend. Die drie voorwoorde gee egter nodige  konteks.

Trouens, Cruywagen kom eers by hoofstuk 13 (uit 22) uit by sy uitsaailoopbaan by die SAUK. TV kom eers in hoofstuk 16 ter sprake.

Maar dit is dalk goed. Geen omroeper of aanbieder is ‘n kartonmannetjie wat bloot van ‘n teks lees nie. Cruywagen gaan haal sy storie vêr en vul dit aan met heelparty staaltjies en gawe foto’s uit sy familie-album.

Uit ‘n suiwer media-oogpunt is daar wel hoofstukke wat die oog vang en lig werp op ‘n verbygegane era — soos sy tyd in Nederland en drie jaar as SAUK se verteenwoordiger in Washington. Hy gee nogal aandag aan sy tyd as vryskut en hoe selfs ‘n bekende soos hy moes kophou in ‘n tyd van transformasie.

Oor professionaliteit en puntenerigheid oor taal het hy nogal iets te sê; ook oor sy geloof en hoe hy van kerk verander het. Laasgenoemde getuig van ‘n fermheid wat nie op die oog af versoenbaar is met sy inskiklike, innemende TV-persona nie.

Uiteindelik ‘n gawe boek, maar die gebrek aan besinning oor hoe nuus agter die skerms gemaak word en Cruywagen se betrokkenheid daarby (indien wel), moet die leser nie verwag nie. Dit was nie Cruywagen se fokus nie. — JDF

Oor die begin van sy uitsaailoopbaan vertel hy:

Oor sy drie jaar in Washington vertel Cruywagen:

Cruywagen was altyd die toonbeeld van ‘n beheerste nuusleser. Hy verduidelik:

OP DIE MAN AF

Freek Robinson

Tafelberg, Kaapstad

2021

Freek Robinson het eers later in sy loopbaan TV-nuusleser geword. Maar eintlik is hy veel meer joernalis en onderhoudvoerder. Gelukkig kom heelwat hiervan  in hierdie boek aan die orde.

Robinson gaan haal sy storie vêr genoeg, maar vertel reeds in hoofstuk 3 oor hoe hy sy loopbaan as joernalis by die destydse Oggendblad begin het. Daarna volg sy lang loopbaan by die nasionale uitsaaier waar hy eers as radionuusman en later as regisseur en aanbieder van TV-programme naam gemaak het.

Sy laaste jare by KYKnet kykNET se nuus kry ‘n byna terloopse vermelding. Die rede hiervoor is dalk dat al die politieke drama van die 1980’s en 1990’s gebeur het tydens sy tyd by die SAUK. Hieroor skryf hy breedvoerig. Hy het dit van naby beleef. Robinson gee terselfdertyd insig in die binnepolitiek soos nog nie vantevore in Afrikaans nie.

Hierdie boek is daarom ‘n betekenisvol vir diegene wat die geskiedenis van die SAUK wil verstaan. Terselfdertyd kry die leser groter waardering vir ‘n mediamens wat sy kant te midde van vele woelinge gebring het. Dat hy by nabaat daaroor besin, is ‘n wins. Beskrywings van tegniese uitdagings is waarlik ‘n bonus. — JDF

Oor sy skielike verplasing na Londen skryf hy:

Die ander “rede” wat aangevoer is, was dat hy sou stories aan die media aandra. Daaroor is Robinson kategories: hy het dit nooit gedoen nie.

Oor die klag dat SAUK-mense propagandiste was, skryf hy:

Oor die voer van onderhoude met nuusmakers, vertel Robinson die volgende:

Oor Nelson Mandela onthou Freek: