The Witness, wat lank as The Natal Witness bekend was, het op 27 Februarie 1846 vir die eerste keer verskyn. Sedertdien word dit ononderbroke gepubliseer, wat dit volgens sommige die oudste koerant in die land maak. Die Herald van Port Elizabeth het egter reeds op 7 Mei 1845 vir die eerste keer verskyn.
Die probleem kom in dat nie alle koerante dadelik as dagblaaie verskyn het nie of dat daar onderbrekings in publikasie was. Saam met die Herald is die Witness onbetwisbaar een van die heel oudtse koerante wat nog bestaan, hoe daar ook al na gekyk word.
Die Witness was lank ‘n onafhanklike koerant in die sin dat dit nie aan een van die groot koerantgroepe behoort het nie. Media24 het in 2000 ‘n 50%-aandeel bekom en in 2010 volle beheer van die koerant geneem.
Soos alle koerante, is die Witness onder groot druk en kan vorentoe , soos Volksblad, dalk vorentoe ‘n digitale koerant word.
Só het die eerste uitgawe van die Natal Witness gelyk, ‘n kleinerige nuusblad wat metterwyl ‘n volgroottekoerant geword het (soos hierbo gesien kan word). Advertensies het, soos die gebruik destyds was, die voorblad vir lank oorheers.
Die Witness het deur die jare van voorkoms verander.
Die blad lyk in Junie 2021 so. Regs: Die gepaard gaande plakkaat.
‘