TAALGENOOT

Taalgenoot is die blad van die ATKV, ofte wel die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, wat in 1930 gestig is. Die blad bestaan sedert Desember 1931 en het van ‘n beskeie tydskrif tot ‘n kleurvolle, moderne blad ontwikkel, soos wat drukprosesse en finansies dit moontlik gemaak het.

Die voorblad van die eerste Taalgenoot.

Hierdie groep voorblaaie is in 2001 in die tydskrif afgedruk toe die blad sy sewentigste verjaarsdag gevier het.

Deur die jare het sommige redakteurs hard probeer om Taalgenoot as byderwetse blad vir alle Afrikaanssprekendes te posisioneer, soms met negatiewe gevolge. Foto’s wat in die Voortrekkermonument geneem is vir hierdie uitgawe het sommige lesers ontstel.

Die ATKV sê hy is ’n moderne voorlopermaatskappy wat dit regkry om op ’n volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang te kweek en sodoende te verseker dat die Afrikaanse lewende erfenis uitgebou en bewaar word. Die blad digitaal aan almal beskikbaar of word gedruk aan lede gestuur wat dit so verkies.

Twee onlangse (ernstiger) voorblaaie van die Taalgenoot. Die klem minder op “populêre” voorblaaie wat hierbo gesien kan word.