Prof. J.C. Steyn het verskeie belangwekkende boeke geskryf. Hier fokus ons op veral een waarin die begingeskiedenis van Afrikaans op die SAUK se senders vertel word.
TROUE AFRIKANERS — Aspekte van Afrikaner-nasionalisme en Suid-Afrikaanse taalpolitiek 1875-1938
J.C. Steyn
Tafelberg, Kaapstad
1987
Hierdie bundel gooi in een hoofstuk die soeklig op die stryd in 1936-’37 om ’n regmatige plek vir Afrikaans te vestig op die sender(s) van die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. Die kern van die saak was dat Afrikaans en Engels om tegniese redes ’n sender moes deel. Die alternatief was dat elk ’n aparte sender sou moes kry, wat eers onprakties maar later tog moontlik was.
Maande lank het ’n felle stryd oor hierdie saak gewoed. Ironies was Afrikaners ook verdeel: sommiges het gemeen Afrikaans was nog nie reg om ’n stasie van sy eie te onderhou nie; ander het gemeen dit is die korrekte keuse. En die meeste Engelssprekendes wou blykbaar niks daarvan weet om die stasie te deel nie.
Dié stuk taalpolitiek het uiteraard aangesluit by allerlei ander voorvalle en gebeure. Daarvan vertel Steyn ook, wat die stryd om ’n plek op die radio in ’n groter konteks plaas.
Enkele uittreksels:
Steyn haal Die Burger aan wat die begin van ‘n afsonderlike Afrikaanse radiodiens met groot entoesiasme begroet het.

Dit het egter nie sonder ‘n hewige stryd gekom nie. Engelssprekende luisteraars was oor die algemeen sterk gekant teen die het die aanvanklike tweetalige stasie.

Interessant genoeg was nie alle Afrikaners ten gunste van ‘n afsonderlike stasie nie. So was Huisgenoot “neutraal” daaroor.

Die oplossing was uiteindelik aparte dienste, maar Afrikaanse uitsendings in die stedelike gebiede was tegnies van minder goeie gehalte.

TUISTE IN EIE TAAL
J.C. Steyn
Tafelberg, Kaapstad
1980
Hierdie wydlopende boek is met publikasie hoog aangeslaan, maar in vele opsigte deur die gebeure van die afgelope vier dekades ingehaal — of dalk juis korrek bewys. Die verwysings na die media as sodanig is besonder skraal, wat jammer is. — JDF