SKERP VRAE OOR BEKKER SE ROL BY NASPERS EN MEDIA24

Die voorsitter van Naspers en multi-miljardêr, Koos Bekker, is een van Suid-Afrika se suksesvolste sakemanne ooit. Vandaar sy opname in hierdie boek deur Ebbe Dommisse. 

FORTUINE — Die wel en wee van Afrikaner-magnate

Ebbe Dommisse

Jonathan Ball, Johannesburg

2021

Vir ‘n meer uitvoerige bespreking van sy suksesverhaal, kan T.T. Strydom se Koos Bekker’s billions (Penguin) en Anton Harber se Gorilla in the room: Koos Bekker and the rise and rise of Naspers gelees word. Maar hier, in Afrikaans, kry die leser ‘n goeie samevatting van Bekker se storie — plus skerp vrae oor daardie kwessies waarby spesifiek Afrikaanse joernaliste en lesers ‘n belang het.

Ek verwys hier na die wyse waarop Naspers/Media24 die voortbestaan van gehalte-joernalistiek in die steek gelaat het asook die verbod op die uitgee van Lizette Rabe se boek oor Naspers se geskiedenis. Dommisse merk tereg op:

Dommisse loods geen aanval op Bekker nie, maar sy kommer oor die agteruitgang van Afrikaanse joernalistiek en die ongehoorde sensuur op die eeufeesboek spreek duidelik uit die aandag wat hy aan hierdie twee onderwerpe gee. Hy skryf:

Dit is gepas, want dit moet nooit vergeet word nie: Media24 moes (saam met ander) die vrugte gepluk het van die sukses met M-Net en later DStv.  Dat dit nie voortgaande gebeur nie, is ‘n ewige klad op Naspers (en Koos Bekker) se naam.

Oor Naspers se vriendelike hantering van die Gupta-televisiediens ANN7 het ons ook nie die laaste woord gehoor nie. Ook daaroor sal Koos, soos hy graag bekend staan, seker opmerk: “Dit was ‘n sakebesluit.” Inderdaad.

Johannes Froneman