‘ROOI ROSE’ — KANNNIEDOOD HERLEEF TYDENS PANDEMIE

Hendrikus Potgieter (met die skrywersnaam Mark Preston) stig Rooi Rose in 1942, dus te midde van die Tweede Wêreldoorlog. Dit verskyn egter net een keer onder Potgieter en hy verkoop die blad (eintlik net die titel) in 1944 vir 200 pond aan A.M. van Schoor en Marius Jooste, latere stigter van Perskor. Hul werkgewer, Afrikaanse Pers, laat dit eers begaan, maar eis ‘n anderhalf jaar later dat hulle die blad aan Afrikaanse Pers moet verkoop. So word Rooi Rose ‘n publikasie van Afrikaanse Pers Bpk., wat later deel van Perskor word. Rooi Rose is sedert die sluiting van Perskor in besit van Caxton.  Die blad het reeds in 1949 mededinging van Sarie gekry, doen sirkulasiegewys goed teen Sarie, maar verloor die stryd teen ‘n verskeidenheid van faktore en sluit in 2020 tydens die Corono-19-pandemie. Tog herleef die tydskrif in 2021 by ‘n ander maatskappy en onder nuwe redaksie.

Rooi Rose lyk in 1947 en teen 1955 was die voorblad in volkleur..

Links onder: Rooi Rose plaas in 1969 ‘n minister en sy nuwe sangeres-vrou op die buiteblad. Regs onder: Die voorblad dateer uit 1973. Lees wat Gerhard Burger oor ‘n 1971-uitgawe van Rooi Rose skryf. Kliek by: http://perskor.blogspot.com/2014/10/martie-se-rooi-rose.html#more

Rooi Rose van 2 Desember 1992. Let daarop dat die tydskrifte Fleur en Ster toe reeds gesneuwel het en by Rooi Rose ingelyf is.

In April 2012 vier Rooi Rose sy eerste 70 jaar.

Rooi Rose se laaste uitgawe as Caxton-publikasie. Die eienaar het die blad skielik in 2020 te midde van die pandemie gesluit; die redaksie het nie eens die geleentheid gehad om hul lesers te groet nie.

Netwerk24 het só oor Rooi Rose se sluiting berig: https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/rooi-rose-ander-tydskrifte-maak-ook-deure-toe-20200505

Rapport se Hanlie Retief het met Rooi Rose se Martie Pansegrouw gesels by die sluiting van die tydskrif.

Lees die onderhoud met Joan Kruger, gewese redakteur van Rooi Rose, by: https://mediamense.com/joan-storm-steeds-die-windmeulens-met-grasie/

Maar in 2021 herleef die titel as ‘n publikasie van Highbury Media en met Anlie Janse van Rensburg as redakteur. Sy het voorheen 20 jaar by Keur/Vrouekeur gewerk.

Onder: Augustus 2023 se voorblad en die redaksie.