Op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika ‘n republiek geword — ‘n lank gekoesterde ideaal van die meeste Afrikaners. Ná ‘n referendum (net onder wit mense) wat met ‘n meerderheid van net meer as 50 000 gewen is, het die land sy laaste staatkundige bande met Groot Brittanje finaal verbreek. Veral die Afrikaanse koerante en tydskrifte asook die SAUK het ongekende aandag aan die gebeurtenis gegee. Engelse koerante was, daarenteen, deur die bank teen republiekwording gekant.
Die aanloop tot republiekwording het begin met die Nasionale Party se oorwinning in 1948.
Die Transvaler was sedert sy stigting in 1937 ‘n sterk voorstander van ‘n republiek. Só het die blad sy lesers in 1960 aangemoedig om ten gunste van republiekwording te gaan stem.
Die uittrede uit die Britse Statebond was vir Afrikaners nog ‘n stap na volle staatkundige en emosionele onafhanklikheid. Só is die eerste minister, dr. H.F. Verwoerd, by sy terugkeer uit Londen begroet nadat hy die land se aansoek om binne die Statebond ‘n republiek te word, terugetrek het.
Republiekwording op 31 Mei 1961 is met groot afwagting begroet.
Die radio het republiekwording uitvoerig gedek. (Daar was nog nie televisie in Suid-Afrika nie.)
Die land kry sy eerste staatspresident.
in 1966 is die republiek landwyd gevier.
Die Burger het sy kleure letterlik aan die mashoof gehang.
Die demokratiese grondwet van 1994/96 het nie die republikeinse staatsvorm verander nie, maar Suid-Afrika het weer lid van die Statebond geword.