PRETORIA NEWS

Die Pretoria News was vir 125 jaar ‘n instelling in die hoofstad. Maar die sirkulasie het sodanig gedaal dat die blad op 12 Mei 2023 gesluit is en by The Star ingelyf is.

Met sy eeufees het Pretoria News hierdie bylae van meer as honderd bladsye gepubliseer.

In die bylae is ‘n voorblad uit elk van die honderd jaar oorgedruk, soos hierdie een by die dood van genl. Jan Smuts.

Nuus oor die eerste aanslag op dr. H.F. Verwoerd se lewe (in 1960) is in ‘n spesiale uitgawe en met besonder sterk teksletters oorgedra.

Ses jaar later sterf dr. Verwoerd aan die hand van ‘n sluipmoordenaar.

In 1983 ontplof ‘n bom in Kerkstraat, Pretoria, en sterf minstens sestien mense terwyl talle beseer en vermink is. Dit was waarskynlik die ANC se mees suksesvolle terreuroperasie in sy gewapende stryd teen die apartheidsbestel.

‘n Voorblad uit 1990, kort ná Nelson Mandela se vrylating.

Die Pretoria News in 2018. Die blad se sirkulasie het, soos alle ander dagblaaie, drasties gedaal en sy toekoms was onseker.

Die blad se laaste voorblad, op 12 Mei 2023.