Die Oosterlig het in 1937 tot stand gekom, ‘n geloofsdaad wat alles te make gehad het met die strewe van Afrikaners in die Oos-Kaap, veral Port Elizabeth, om ‘n staanplek vir hul taal, kultuur en politiek te vind. Daaraan het Nasionale Pers sy volle steun gegee. Die blad was nooit finansieel ‘n sukses nie en sluit uiteindelik in 1993. Maar in sy plek het ‘n Oos-Kaapse uitgawe van Die Burger gekom. Nog later het die daaglikse papierweergawe weggeval en verskyn die blad net op Vrydae in koerantformaat. In 2020 het die Covid-19-pandemie ook die Vrydaguitgawe geëis, maar die blad is daagliks digitaal te lees.
‘n Voorblad van Die Oosterlig uit die blad se vroeë jare, soos afgedruk in Oor grense heen (redakteur: W.D. Beukes, Nasionale Boekhandel, 1992).
So het die voorkoms van (Die) Oosterlig deur die jare verander.

‘n Uitgawe in 1993.

Die Oosterlig het metterwyl bloot Oosterlig geword en is toe vervang deur Die Burger Oos-Kaap, wat in 2020 finaal as gedrukte blad verdwyn. Dit is steeds digitaal beskikbaar.


By die sluiting van Oosterlig is hulde gebring aan die rol van die blad.

Lees meer:
Lees meer in Louis Oosthuizen en J.J.J. Scholtz se hoofstuk oor (Die)Oosterlig in Oor grense heen (redakteur: W.D. Beukes, Nasionale Boekhandel, 1992).
Kry ‘n volledige weergawe van die blad se ontstaan in A. Appel se verhandeling, Die Oosterlig, 1937-1948. ’n Pershistoriese studie (Universiteit van Port Elizabeth, 1985).