KORT OORSIG OOR ONTWIKKELING VAN DIE MEDIA IN SUID-AFRIKA

Die Reader’s Digest se South African Yesterdays bied ‘n oorsig oor alles en nog wat in die geskiedenis van Suid-Afrika — ook oor die ontwikkeling van die media. Die boek het in 1981 verskyn en is dus nie op datum nie, maar daar is juwele in hierdie blaaie waarvan ons enkeles hier weergee.

Van die groot opskrifte in ons geskiedenis vind hier neerslag. (Vir heelwat meer soortgelyke voorblaaie kan jy na die afdeling GROOT NUUS gaan.)

Onder: Só het tydskrifte deur die jare gelyk. (Meer oor tydskrifte is te sien en lees in die afdeling TYDSKRIFTE.)

Radio was vir lank die primêre vorm van vermaak vir die massas. Hierdie foto’s uit die boek toon ‘n jong Dulcie van den Bergh, wat Hospitaaltyd aangebied het (en dekades later op televisie die rol van Tant Stienie in Agter elke man gespeel het) asook Jan Cronjé en Esmé Euvrard (regs bo) asook Johnny Walker (links bo).

Die lang wag vir televisie het in 1976 geëindig toe uitsendings amptelike begin het. Die boek gee ook hieraan aandag. Kyk net hoe loer mense na hierdie vreemde ding.