KOERANT-PLAKKATE SE BYDRAE

Koerante het deur die dekades potensiĆ«le lesers met slim plakkate teen lamppale en by die kafee om die hoek geprikkel om ‘n eksemplaar te koop. Dit lyk of die ineenstorting van die koerantmark die einde van plakkate meegebring het — of dan drasties ingekort het.

Ons mis die slim plakkate! — van die skokkende tot die amusante; van die ligweg ongewone tot die aardskuddende. Hier is ‘n paar:

Vrye Weekblad in sy oorspronklike gedaante as gedrukte weekblad het plakkate as uitdagende bemarkingsinstrument gebruik. Hierdie twee kom uit die boek Oranje, blanje blues deur Max du Preez.

1994. ‘n Bietjie voortydig, maar dis een plakkaat wat met die tyd aan waarheid gewen het. Danksy toegewyde koerantmense is daar in 2023 nog twee gedrukte Afrikaanse dagblaaie en een aanlyn. En Sondae verskyn Rapport — nou met net 60 000 kopers, maar talle lees die blad ook aanlyn.

By die skryf hiervan in Desember 2023 het The Citizen steeds plakkate…