JOERNALISTIEKE BABBELAAR LEWER GROOT BYDRAE

Piet Meiring was een van daardie groter as lewensgrootte mense — letterlik en figuurlik. ‘n Joernalis, inligtingsman, rolprentmaker en skrywer van talle boeke, waarin hy telkens ‘n rolspeler is. Hier kyk ons vlugtig na sy twee uit-en-uit outobiografiese boeke, maar hou in gedagte dat hy ook oor Die Transvaler ‘n boek geskryf het.

DIS MY STORIE DIé

Piet Meiring

PMP-uitgewers, Pretoria

Datum onbekend

Hierdie informele herinneringsboek is waarskynlik die vrug van Piet Meiring se radiopraatjies onder dieselfde titel wat destyds op die Afrikaanse Diens uitgesaai is. Die styl is dus informeel en lees lekker.

Piet Meiring, soos hy op die agterflap van die boek verskyn.

Meiring was seun van ‘n Kerkbode-redakteur en het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer omdat sy ouerhuis ‘n klipgooi van die universiteit was. Daarna het die joviale Meiring by die CapeTimes begin werk.

Oor sy tydjie by die Cape Times skryf Meiring:

Daarna het hy by Die Volksblad (as sportredakteur) gewerk, waarna hy na Die Burger gegaan het. Dr. H.F. Verwoerd het hom daar vir Die Transvaler gewerf, waar hy die eerste nuusredakteur was. Elk van hierdie dienstydperke kry ‘n hoofstuk. Oor sy weggaan by Die Burger en tyd by Die Transvaler skryf hy onder meer:

INSIDE INFORMATION

Piet Meiring

Howard Timmins, Kaapstad

1973

Van sy boeke het hy self uitgegee, maar hierdie een is deur ‘n erkende uitgewery gepubliseer, wat ‘n goeie ding is. Meiring skryf ook ‘n baie leesbare Engels. Anders as wat die titel aandui, het dit niks te make met die Inligtingskandaal van 1978 nie. Die boek het immers reeds in 1973 verskyn.

Die boek dek Meiring se lewe — van kindsbeen as pastoriekind in die Paarl tot sy wedervaringe as kunshandelaar. ‘n Ryk en interessante lewe waarin hy met belangrike mense skouers geskuur het en immer positief na geleenthede gesoek het om die land te bevorder.

Vir ons is sy werk as joernalis (en kroniekskrywer van joernalistieke geskiedenis) die belangrikste. Hy vertel die volgende oor sy aanstelling as sportredakteur van Die Volksblad:

Sy boek oor Die Transvaler, waar hy in 1937 onder dr. H.F. Verwoerd ingeval het, is enig in sy soort. (Kyk aparte inskrywing.) 

Hierdie Engelse lewensbeskrywing oorvleuel noodwendig met van sy ander (Afrikaanse) boeke, maar is dalk die beste samevatting van Meiring se lewe. Vir staaltjies uit sy koerantdae is sy ander boeke beter bronne. — JDF

Geplaas op 8 Des. 2021