In hierdie tweede boek deur Tobie van den Bergh vertel hy nog stories oor sy loopbaan as redakteur van die Middelburg Observer. Die boek is omvangryker as sy eerste, baie mooi versorg en vol foto’s en voorblaaie. ‘n Fees vir enigeen wat in die joernalistiek én mense belangstel.
Ink is dikker as bloed
Tobie van den Bergh
Uitgegee deur die skrywer (072-2201568)
As mens die boek moet kritiseer, is dit dat daar geen inhoudsopgawe is nie. Dit sal nogal ‘n lange moet wees. Enkele voorbeelde van die opskrifte is: Mej Wêreld en die bruin Datsun, ‘Wie’s daai man op my brandweerwa?’ en Die vrou op die treinspoor. Dit gee jou ‘n idee … Maar dit is ‘n minder belangrike saak, want die taal is mooi versorg, die foto’s rou en ter sake. — JDF
Hier is enkele flitse uit die boek:




