Jacob Zuma is een van die mees omstrede politici wat Suid-Afrika nog gehad het. Hy is al van verskeie misdade aangekla – van verkragting tot bedrog – maar is nog op geen kriminele aanklag skuldig bevind nie. Wel is hy in Julie 2021 tronk toe gestuur vir minagting van die hof. Dit is ‘n ontwikkelende storie.
‘n Hof het tydens Jacob Zuma se adjunkpresidentskap bevind dat hy in ‘n korrupte verhouding met Schabir Shaik betrokke was. Hier is Beeld se voorblad ná die hofuitspraak in 2005. Zuma is hierna deur president Mbeki afgedank.
In 2008 was daar ‘n opstand binne die ANC teen pres. Thabo Mbeki en is hy “herroep”. Dit maak die deur oop vir Jacob Zuma om president te word. Regs: Zuma stel sy visie as president.
Naas die besteding van staatsgeld aan president Jacob Zuma se private woning by Nkandla in KwaZulu-Natal, is sy presidentskap gekenmerk deur die optrede van die Gupta-broers. Hulle het met Zuma se klaarblyklike instemming enorme staatskontrakte gekry en klaarblyklik hul invloed gebruik om Des van Rooyen aangestel te kry as Minister van Finansies. Die reaksie was egter so negatief dat Zuma die besluit na ‘n paar dae moes omkeer.
Die bewyse teen Zuma en die Guptas stapel op.
Die ANC by ‘n kruispad na ‘n negatiewe bevinding deur die Konstitusionele Hof oor die besteding aan pres. Zuma se private huis by Nkandla.
Die ANC was tevrede met pres. Zuma se verskoning.
Pres. Zuma word in 2018 deur die ANC “herroep”, maar volgehou sy hande is skoon.
Uiteindelik bedank pres. Zuma in April 2018 en maak daardeur die weg oop vir Cyril Ramaphosa se verkiesing tot president. Hy bly egter daarna in die nuus terwyl hy verskeie kriminele sake en die Zondokommissie probeer ontduik.
Jacob Zuma weier om vir die Zondokommissie te getuig. Hy probeer alles moontlik om uit die tronk te bly, maar hy gaan tronk toe vir minagting van die Konstitusionele Hof.