Van die land se oudste koerante verskyn steeds in die Oos-Kaap. Onder hulle tel die Herald, wat in 1845 as die Eastern Province Herald sy verskyning gemaak het en saam met die Witness van Pietermaritzburg as die oudste bestaande koerante in die land beskou word.
‘n Herald uit 1937.
Die koerant heet nou net The Herald. Só lyk die blad in 2022.
Die Weekend News was vermoedelik die voorloper van die Evening Post se naweekuitgawe. Hierdie koerante bestaan nie meer nie.
Die Evening Post as volbladdagblad in die 1970’s
Die blad het toe ‘n ponieformaat gekry voordat dit verdwyn het.
Die Weekend Post het in 2024 vir oulaas verskyn — die einde van ‘n Oos-Kaapse media-ikoon. Die blad het sy dagbladsuster, die Evening Post, lank oorleef.
‘n Koerant wat in die mis van tyd verdwyn het.
Een van die heel oudste plattelandse koerante is Grocott’s Mail, wat op Grahamstad verskyn. Soos hier gesien kan word, het die blad in die verre verlede as dagblad verskyn.
‘n Dagblad wat steeds in Oos-Londen verskyn en naam gemaak het onder die redakteurskap van Donald Woods, ‘n verbete anti-apartheidsaktivis. Lees meer oor dié koerant by: https://www.dispatchlive.co.za/pages/history/