Son is ‘n dagblad wat ná pogings om dit ook in die noorde van die land as weekblad te vestig, ‘n sterk staanplek in die Wes- en Suid-Kaap onder veral bruin lesers uit die werkersklas gekry het. Die blad het in ‘n stadium Die Burger verbygesteek en die grootste Afrikaanse dagblad geword, maar die covid-19-pandemie het ook Son se sirkulasie erg geknou. As sake genormaliseer het, sal dit duideliker word hoe sterk die blad nou staan.

Son verskyn sedert 2003 (eers onder die titel Kaapse Son) op die spoor van die Daily Sun, dus as ‘n sensasieblad met ‘n klem op stories wat gewone mense uit die werkersklas interesseer.

Later volg ‘n noordelike weergawe, klaarblyklik gemik op wit lesers, maar dit slaag nie as onderneming nie en sluit in 2008.

Plakkate soos hierdie het die oog gevang, maar nie wyd genoeg byval gevind by Noord Son se moontlike lesers nie.
‘n Kenmerk van Son is dat dit nie huiwer om positiewe stories oor doodgewone mense te plaas nie.


Daar word egter nie weggeskram van harde werklikhede nie.

Gemeenskapsnuus word in die spreektaal van lesers aangebied.




Antie Mona se raad oor huislike en liefdesprobleme is ‘n instelling in Son.
‘n Vervolgverhaal hou lesers geboei en gereelde kopers.

Nog vermaak kom op die middelblaaie.


Perdeblaaie is lank gelede reeds in ander Afrikaanse koerante afgeskaf, maar kry steeds ‘n plek in die Son.
Sport is ‘n gegewe, maar berigte oor gemeenskapsport kry ook aandag.

Son neem selde só ‘n sterk politieke standpunt in.

‘n Sondagweergawe van Son het eers as Sondag Son (later Son op Sondag) verskyn, maar in 2020 gesluit.

In die lig van Media24 se sukses met Daily Sun en (Die) Son begin Independent Media in 2005 met ‘n soortgelyke blad in die Kaap: Daily Voice. Die blad verskyn aanvanklik in Afrikaanse en Engelse weergawes, maar die Afrikaanse weergawe sluit in 2013. Die Engelse weergawe verskyn steeds in 2021.

Lees ook:
Alé Smith se PhD-tesis, Acknowledging the audience: the readers behind the success of the Afrikaans-language tabloid Kaapse Son, behandel die koerant se sukses volledig.
In die artikel Setting the tabloid agenda: What two Afrikaans-language tabloids offer their readers gee A. Smith, L.M. Fourie & J.D. Froneman nog ‘n perspektief (Communicatio, 2012, 38[2]).