DIE AFRIKANER

Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party (HNP) en is in 1970 gestig met dr. Willie Lubbe as hoofredakteur. Die blad het in 2020 sy vyftigste bestaansjaar gevier. Die eerste uitgawe van Die Afrikaner het op 16 Januarie 1970 met die voorblad links onder verskyn. Nadat die HNP swak gevaar het in die 1970-verkiesing het ‘n aantal senior lede in November op die party se kongres uit die party bedank. Die reaksie was die voorblad wat bo as hooffoto en regs onder gesien kan word. Beaumont Schoeman het as redakteur by Willie Lubbe oorgeneem en was dit tot in die 1980’s.

Die koerant is later na ‘n tydskrifformaat omgeskakel.  

Deur die jare het die blad nogmaals van formaat verander.

Die Afrikaner verskyn nou net aanlyn en lyk so:

Lees meer:

Kyk Johannes Froneman se artikel oor die HNP in Rapport 27 Oktober 2019, https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/hnp-veg-voort-20191027