Die Daily Sun is ‘n sensasiekoerant gemik op die swart werkers van Suid-Afrika. Die vader van die koerant was Deon du Plessis, wat eers onsuksesvol die idee aan sy base by Independent probeer verkoop het voordat Media24 by die idee ingekoop het.
Dit het sirkulasiegewys een van die grootste suksesstories in Suid-Afrika se persgeskiedenis geword.
Die eerste uitgawe van die Daily Sun in 2002.


Die blad het ná ‘n onopwindende eerste voorblad spoedig sy nis gevind met voorblaaie soos die een hieronder. Die daaglikse dosis sensasie, geskryf in maklik leesbare Engels en saamgevat in treffende (hoewel soms effe misleidende) opskrifte en plakkate, ontstellende foto’s en bruikbare inligting het ‘n mark raakgeboor soos nog nooit voorheen in Suid-Afrika nie. Die sirkulasie het aanhou styg en styg, totdat die voorheen onmoontlike 500 000-kerf (vir ‘n dagblad) bereik is.
Regs: ‘n Tipiese plakkaat.

Die sirkulasie het egter in die jongste jare selfs erger as ander koerante s’n teruggesak.
Lees meer:
J.D. Froneman, J.D. 2006. In search of the Daily Sun’s recipe for success. Communitas, vol. 11.
H. Wasserman, H. 2008. ATTACK OF THE KILLER NEWSPAPERS! The ‘tabloid revolution’ in South Africa and the future of newspapers. Op 2 September 2008 aanlyn gepubliseer. Bladsye 786-797.