Die Cape Times is sedert 1876 ‘n Kaapstadse instelling. Vir lank was die blad ingebed in koloniale denke, wat nie vreemd was nie gegee die herkoms van sy eerste redakteurs. In die twintigste eeu het die Times verbete Suid-Afrika se Britse verbintenis bevorder en ná 1948 die Nasionale Party-regering aan skerp kritiek vanuit ‘n liberale hoek onderwerp.
Die blad het lank onafhanklik gebly, maar uiteindelik deel van die SAAN-groep geword. Die blad is sedert 1994 deel van die Independentgroep, wat in 2013 deur Sekunjalo Investments oorgeneem is. Daarmee het die blad y onafhanklike inslag prysgegee.
Die Cape Times uit 1900.

Die Cape Times het in 1936 nog ‘n voorblad vol advertensies gehad.


Plakkate het intussen hul verskyning gemaak.
Teen 1948 het die voorblad nuus gedra.

Die Cape Times was ‘n onverbiddelike kritikus van die opeenvolgende NP-regerings. Hierdie voorblaaie dateer uit 1973 (verskuil) en 1980. PW Botha het meermale gedreig om die blad te sluit en in 1987 kos Tony Heard se uitgesprokenheid hom sy redakteurskap. So het hy ‘n onderhoud met Oliver Tambo gedoen en gepubliseer terwyl dit nog onwettig was om leiers van die ANC aan te haal.

Die blad se voorblad ná die 9/11-aanvalle in die VSA.


Die Cape Times het die Progressiewe Party (en sy opvolgers) deurgaans gesteun.
Die Cape Times se voorblad by die dood van Winnie Mandela.


‘n Cape Times-voorblad uit 2020.
Die Cape Times se dekking in 2021 van ‘n brand op Tafelberg en omliggende gebiede.

Op die dag van pres. Cyril Ramaphosa se 2023-staatsrede het die koerant hierdie voorblad gehad. Daarmee het die Cape Times hom nogmaals teen die president en aan die kant van die RET-faksie in die ANC geskaar.

Die koerant se anti-ANC-benadering word in 2024 herbevestig. Maar wie steun die Cape Times nou?


Gerald Shaw vertel die Cape Times se verhaal tot 1999 in hierdie boek, uitgegee deur David Philip, 1999.
Lees ook: Tony Heard se The Cape of Storms (Ravan Press, 1991)
Alide Dasnois en Chris Whitfield se weergawe van hoe die Cape Times deur die buitelandse Independentgroep van Tony O’Reilly uitgebuit is en toe in Sekuyalo Investments se besit gekom het, word vertel in hul boek, Paper tiger. Dasnois is einde 2013 deur die nuwe eienaar, Iqbal Survé, afgedank omdat sy glo nie Nelson Mandela se dood met die nodige prominensie aangebied het nie. (Die Cape Times het wel ‘n “baadjie”, wat om die gewone koerant gevou is, aan Mandela gewy. Maar die koerant het ook ‘n gewone hoofberig gehad – waarin ‘n Survé-maatskappy onder skoot gekom het.
The Mercury
The Mercury was lank as The Natal Mercury bekend en in onafhanklike besit. Tog was dit deel van die Morning Groep-koerante wat nuus gedeel het. Vandag is die Mercury deel van die Independentgroep.

‘

‘n Onlangse uitgawe van die internet gehaal. Vergelyk die Cape Times hierbo.