At van Wyk was joernalis (Die Volksblad, Die Transvaler, Die Nataller en SAUK) voordat hy akademikus-historikus geword het en ‘n hele paar hoogs leesbare boeke geskryf het. Hier fokus ons op boeke waarin die pers ‘n sleutelrol gespeel het.
DIE KEEROMSTRAATKLIEK — Die Burger en die politiek van koalisie en samesmelting 1932-34
At van Wyk
Tafelberg, Kaapstad
1983
In Die Keeromstraatkliek word skerp op Die Burger se rol gefokus — nogal ‘n uitsonderlike boek, want hoewel al meer dikwels oor die invloed van koerante geskryf is, word dit selde indien ooit so noukeurig beskryf as hier.
Dit gaan uiteindelik nié bloot om gebeure van meer as 90 jaar gelede nie, hoe vreemd en fassinerend dit ook al mag wees. Uiteindelik kom Van Wyk by die vraag: Wat as Die Burger anders gekies het? Maar kyk eers wat staan op bl. 71 oor ‘n besluit wat te midde van verwarring deur Die Burger se redakteur en direksie geneem moes word:

Teen die einde van die boek haal die skrywer (met instemming, wil ‘n mens vermoed) ‘n latere redakteur van Die Burger, Piet Cillié, breedvoerig aan. Cillié sê:

Hy voeg by en stel ‘n paar kritieke vrae:

Maar voeg dan by:

VYF DAE
At van Wyk
Tafelberg, Kaapstad
1985
Ná die groot gebeure van 1932-34 volg die volgende groot draaipunt in Suid-Afrika se geskiedenis: Die oorlogskrisis van 1939, wat die koalisie uitmekaar laat spat het en Suid-Afrika kort voor lank ‘n deelnemer aan die oorlog laat word het.
Ook hierin het Die Burger en ander koerante ‘n sleutelrol gespeel. Intussen het die SAUK tot stand gekom en was die radio toenemend ‘n rolspeler. Van Wyk vertel dié gebeure uit die geskiedenis soos ‘n Deon Meyer-riller.
Hier is ‘n paar uittreksels:

Koerante neem standpunt in:

Hertzog weifel (of so lyk dit vir baie); Smuts nie.

Smuts vervang Hertzog as eerste minister en lei die land die oorlog binne.
“Ordentlike” koerante was teen die oorlogspoging, maar sien die positiewe kant: die “hereniging” van Afrikaners.

‘n Herenigingsfees word inderhaas gereël en 70 000 Afrikaners trek by Monumentkoppie byeen:

Hierdie eenheid, uitgesluit dié Afrikaners wat die oorlogspoging (en Smuts) gesteun het, sorg vir die NP-oorwinning in 1948 — én wat daarop gevolg het.