ADVERTENSIES WAT TYDSKRIFTE EN KOERANTE LAAT OORLEEF

Advertensies is die lewensbloed van die drukmedia. Totdat sigaret- en drankadvertensies in koerante en tydskrifte verbied is, was dit belangrike bronne van inkomste, maar ander verbruikersprodukte is ook gereeld op papier gesien — totdat TV-advertensies in 1978 begin verskyn het en ‘n groot hap van totale advertensiebesteding afgerokkel het. Sedert die koms van Google en sosiale media (Facebook, Instagram, Twitter en ander) het heelwat advertensies daarheen gevloei — tot groot nadeel van die drukmedia.

In die eerste dekades van die eeu het advertensies koerantvoorblaaie oorheers, soos hierdie voorbeeld van Die Burger uit 1915 getuig:

Tydskrifte het soms ook in die versoeking gekom om ‘n redaksionele voorblad in te boet en advertensies daar te plaas.

Tydskrifagterblaaie is lank deur sigaret- en drankadvertensies oorheers.

Sigaretadvertensies is ook gereeld op radio gehoor. Kliek hier en luister na ‘n paar: https://impalaradio.org/index.php?route=product/product&path=60&product_id=130

Enkele van die bekende drankadvertensies wat ook op agterblaaie van tydskrifte gesien kon word.

Drankadvertensies is gereeld in koerante gedra voordat dit verbied is. Tog word dit steeds op TV toegelaat.

Produkte soos paraffien en meubels, skoene en diverse items soos ringe is op die agterblad van Die Huisgenoot geadverteer.

Advertensies van motorvoertuie en versekering het die plek van sigaret- en drankadvertensies deels ingeneem.

In koerante is verbruikersprodukte geadverteer voordat dit na die TV oorgeskuif is.

Van hierdie handelsmerke het verdwyn terwyl ander oorleef het. Onder is ‘n koerant-sigaretadvertensie van Benson & Hedges, een van die grootste adverteerders en eerste borg van eendagkrieket.

Geleentheidsadvertensies het so vêr terug as in 1938 verskyn.


Koerante het deur die jare heelwat inkomste uit kleintjies, ofte wel geklassifiseerde advertensies, verdien. Die koms van die internet het hierdie bron grootliks verwoes. Só het die advertensies in Die Vaderland in die 1950’s gelyk:

Danksy beter set- en drukwerk het dit sedert 1974 só gelyk:

Inryteaters was nog ‘n slagoffer van televisie, maar het in die 1960’s ‘n bloeitydperk beleef. Hierdie advertensies getuig daarvan.

Advertensies van rolprenteaters en rolprente het wel nog jare lank ‘n plek in koerante gehad — eers op die hoofartikelbladsy langs die spotprent en hoofartikel, en later op die vermaakbladsye.

Vakature-advertensies was dekades lank ‘n bron van groot inkomste vir koerante.

Let ook op die aard van die advertensies, wat iets van die konteks van die tyd verklap. Weens werkreservering was baie van hierdie poste net vir blanke aansoekers beskore — soos wat die teenoorgestelde nou voorkom.

Die realiteite van apartheid het soms blatant in advertensies in gemeenskapskoerante na vore gekom, soos hier gesien kan word.

Wat het mense in die 1960’s tuis vir vermaak gedoen? Of hoe het hulle spiere ontwikkel? Advertensies gee (soms) die antwoord.

Die advertensies links en regs van die mashoof is deur sommige adverteerders as gesog beskou. Maar het lesers die “oortjies” raakgesien?

Volkleurdrukwerk deur koerante het sedert die 1970’s algemeen geword, soos hierdie advertensies van Lexington getuig. Vroeër was dit net agterop tydskrifte in volkleur — of kon ‘n enkelkleur soos met dié Lucky Strike-advertensie gedruk word.

Die enorme besteding aan selfoonadvertensies het deels vir van die drukmedia se ander verliese vergoed. Veral Vodacom en MTN het in ‘n stadium groot bedrae geld aan koerantadevertensies bestee en doen dit hier en daar steeds.

Supermarkte is vandag die enigste groot, gereelde adverteerders in dagblaaie. Daarsonder kan dagblaaie kwalik bestaan.