ADVERTENSIES — HOE HULLE VROEëR GELYK HET

Advertensies is die lewensbloed van alle kommersiële media. In die jongste jare het al hoe meer advertensies egter na die digitale media gevloei, veral Google, Facebook en Twitter. Kleinhandeladvertensies in drukmedia is deesdae grootliks beperk tot dié van die groot supermarkgroepe. ‘n Ander belangrike faktor wat ‘n reuse-impak op advertensies gehad het, is die verbod sedert 2000 op tabakadvertensies in die drukmedia. Drankadvertensies het ook uit die gedrukte media verdwyn, wat ‘n groot verlies aan inkomste vir hierdie media meegebring het.

Alle advertensies dra ‘n boodskap, soms meerdere boodskappe wat ons iets van die tydgees vertel.

Motorvoertuie was lank (tot 1978) grootliks op tydskrifte en koerante aangewese om aan kopers te wys hoe lyk die nuutste produkte, soos hierdie advertensie uit 1938. In 1978 is advertensies vir die eerste keer op Suid-Afrikaanse televisie toegelaat en kon dié medium ook gebruik word. In die jongste jare word voertuie meestal via sosiale media bemark.

Dekades voordat ons op die internet gekliek en pakkies tuis afgelewer is, het mense in tydskrifte inkopies gedoen en dit per pos ontvang.

Koerante en tydskrifte was vir lank belangrike media waarin nuwe produkte bekend gestel kon word. Van 1950 is radio-advertensies op radio gehoor (Springbokradio) en is dit sedert 1978 ook op TV te sien. Dit het byna alle advertensies vir verbruikersprodukte van koerante weggelok. Van die ou advertensies het só gelyk:

Motorvoertuie bly een van die duurste aankope en is vroeër sterk in koerante geadverteer.

Die advertensie bó het in die jongste jare agterop ‘n tydskrif verskyn.

Vir dekades is tydskrifagterblaaie egter oorheers deur sigaretadvertensies soos hierdie, asook deur drankadvertensies.

Rolprente en inryteaters is daagliks só in koerante geadverteer:

Korporatiewe advertensies soos hierdie het veral in die 1980’s in alternatiewe blaaie verskyn om steun aan hul anti-apartheidsboodskap te gee.

Van die min advertensies wat vandag nog in koerante aangetref word, is dié van die groot supermarkte:

Korttermynversekeraars het in die jongste jare enorme bedrae geld aan advertensies bestee — hier en daar ook in tydskrifte.

Selfoonmaatskappye is van die grootste adverteerders. Só het ‘n koerantadvertensie vir ‘n BlackBerry gelyk, ‘n destydse voorloper waarop jy eposboodskappe kon ontvang.