Bundels met aanhalings is altyd nuttig. Hier is twee: een algemene aanhalingsboek (in Afrikaans) en een gefokus op vryheid van spraak, die joernalistiek en die mediawêreld (in Engels).
DIE GROOT AANHALINGSBOEK
George Claassen, Piet Muller en Morkel van Tonder
Human & Rousseau, Kaapstad
1998
‘n Groot verskeidenheid temas kom in hierdie boek aan die orde, ook die media.
Twee voorbeelde:
“Wys my ‘n tevrede redakteur en ek wys jou ‘n swak publikasie.” — Ton Vosloo
“Daar is tye wanneer dit niks help om die waarheid net een keer te vertel nie.” — Harold Evans
“QUOTE/UNQUOTE”
Lizette Rabe
SUN MeDIA, Stellenbosch
2016
‘n Heerlike klomp aanhalings oor en deur mediamense vanoor die hele wêreld. Gelukkig is daar ook talle uit die mond of pen van Suid-Afrikaners.
Soos hierdie twee:
“Golden rule: Always get the dog’s name.Never come back without the dog’s name.” — Bun Booyens, gewese redakteur van Die Burger
“The news is never the whole truth.” — Denis Beckett, Suid-Afrikaanse joernalis