Landbouweekblad is meer as 100 jaar gelede gestig met dr. Frans Geldenhuys as redakteur. Die eerste uitgawe, gedateer 21 Mei 1919, was ‘n nederige begin vir ‘n tydskrif wat sou groei tot ‘n baken in die Afrikaanse joernalistiek. Die blad het in 2019 sy eeufees gevier.
Die eerste uitgawe van Die Landbouweekblad (links) en ‘n voorblad uit 1950 toe advertensies soms op die buiteblaaie van tydskrifte verskyn het. (Met erkenning aan ‘n Eeu op die platteland, Landbouweekblad se gedenkblad.)

‘n Tipiese buiteblad van Die Landbouweekblad in 1964 voordat volkleur weekliks op die buiteblad en later op binneblaaie die normale gebruik geword het.

In 1994 vier Landbouweekblad (nou reeds geruime tyd sonder die “Die”) sy eerste 75 jaar en moet die blad soos nog nooit tevore nie ook help leiding gee in ‘n tyd van politieke omwenteling. Regs: Landbouweekblad se pragtige 100-jarige gedenkuitgawe vertel die blad se verhaal van saamloop met sy lesers.



1 Desember 1959 se voorblad, soos afgedruk in die eeufeesgedenkblad. Die kunstenaar was Flip, ofte wel Horace Coates, wat ook gereeld Huisgenoot se verhale geïllustreer het.
Landbouweekblad se wye kyk op landbou sorg dat hy ook heelwat lesers het wat nie boere is nie. Die fokus is nie ‘n terugverlange na die verlede nie, maar ‘n sakebenadering tot ‘n uitdagende bedryf – alles binne ‘n politieke konteks wat steeds moeiliker word.


Deur die jare was Farmer’s Weekly Landbouweekblad se Engelse tydgenoot.
Ben Louw, oudredaksielid van Landbouweekblad, het die volgende name van redaksielede verskaf wat saam met hom by die blad gewerk het:
REDAKTEUR PIET VAN NIEKERK SE REDAKSIES
(volgens my rekords van 11 Julie 1975 tot 3 Des. 1982)
HOOFKANTOOR:
Assistent-redakteur: Pienaar Smit (vroeёr asst. tot die red.).
Redakteur Beplanning: Schalk Burger.
Redakteur Artikels en Motors: André Strydom
Artikelredakteur (swart/wit): Ben Louw (nadat ek subredakteur was).
Subredakteurs: Mike Hattingh, Ben Louw en Edna Lindsay.
Artikels. en Nuus: Jan Cilliers, Eben Human, Zelda Welgemoed, Kobus van Tonder en Radie Kotzé.
Nuusredakteur: Danie de Villiers.
Redakteur Rubrieke: Danie Smith.
Vroueredaksie: Alma Jooste (red.), Estelle du Toit en Marinda Ehlers.
Redaktrise Vraerubriek: Rita de Kock.
Kunsredaksie: Albert de Jager (red.), Mary-Anne Hegers (later: Mary-Ann Stone, toe sy Albert as kunsredakteur opgevolg het), Reana Marais, Christel Coetzee, Estra Lategan en Jenny Newton.
Sekretaresses: Johanna Fourie (hoof), Mariaan Rowe, Cathleen Burger (later: Heyneke), Aletta de Vos, Ursula Thiem, Christelle Walters en Dottie Bester (later: Gonzalez).
TRANSVAALSE KANTOOR: J.C. Jordaan (red.) en Henk van der Merwe (asst.-red.).
Artikels en Nuus: Klasie van Vuren, Jean le Roux, Anita Chittenden en Andries Gouws.
Sekretaresse: Audrey du Plessis, Mary-Louise Slabbert en Mary-Ann Els.
VRYSTAATSE KANTOOR: Hennie Basson.
OOS-KAAPSE KANTOOR: D.J. van Zyl (red.), Loep Jordaan en Jasper Schellingerhout (die latere redakteur Oos-Kaapland).
REDAKTEUR WES-KAAPLAND: Reg Weiss.
REDAKTEUR NATAL: Izak Malherbe.
EUROPESE VERTEENWOORDIGER: Jan Badenhorst.
REDAKTEUR PIENAAR SMIT SE REDAKSIES
(volgens die rekords van 14 Aug. 1987 tot 1 Des. 1995):
HOOFKANTOOR:
Assistent-redakteur: Schalk Burger, asook later: André Strydom, en toe, Andries Gouws.
Redakteur Beplanning en Motors: André Strydom.
Redakteur Landbou-Aktueel en Kleurartikels: Ben Louw.
Redakteur Bylaes en Spesiale Projekte: Danie Smith (vroeёr: Nuusred.).
Redakteur Nuus en Rekenaarstelsels: Jean du Preez (vroeёr: Asst.-nuusred., en later: Nuusred.).
Subredakteurs: Marinda Ehlers, Elize Cornelius, Fritz Schlesinger, Dalene Teixeira en Mariёtte Immelman
Artikels en Nuus: Zelda Welgemoed, Hugo Lochner, Irma Smit, Hennie Basson, Michael Fumarola, Jacques Claassen (staatkundige beriggewer) en Riana van der Merwe.
Vroueredaksie: Hettie Hauman, en toe, Elbie Fugler (albei redaktrises), Alma Jooste (Model), Anita Chittenden (waarnemend, Pretoria), en Cathy Joubert (asst.).
Redakteur Algemene Promosies: Wilma Walden (vroeёr Wilma Olivier).
Kunsredaksie: Albert de Jager (red.), en later, Mary-Anne Stone (red.), Gretchen Potgieter, Gretchen Frick, Wilma Olivier (later Wilma Walden) en Lizé Marais (later Lizé Duddy).
Spotprent-tekenaar (van Die Burger, maar gereeld deur Landbouweekblad gebruik): Fred Mouton.
Fotograwe (van Die Burger, maar gereeld deur Landbouweekblad gebruik): Bart Steyn en Dawid Briers.
Sekretaresses: Johanna Fourie (hoof), Aletta de Vos, Dottie Gonzalez (vroeёr Dottie Bester), Ina Kershoff, Colleen Stofberg, Alita Boshoff, Cathy Joubert (foto’s) en Brenda Barnard.
Klerke: Roy Petersen, Jerome Carstens en Jerome George.
REDAKTEUR TRANSVAAL: Henk van der Merwe. Assistent: Andries Gouws.
Daarna word die Transvaalse kantoor herdoop na:
REDAKTEUR TRANSVAAL, NATAL: Andries Gouws. Assistent: Louw Pretorius.
Artikels en Nuus: Anita Chittenden, Jan Cilliers en Henk van der Merwe.
Toe verander die Transvaalse kantoor se beskrywing weer na:
PWV, NOORD-TRANSVAAL, OOS-TRANSVAAL EN NOORDWESTE: Andries Gouws (red.) en Louw Pretorius (asst-red.).
Artikels en Nuus: Anita Chittenden, Jan Cilliers en Fritz Schlesinger.
Die Transvaalse kantoor is later in die nuwe provinsiale bedeling vir die land herdoop tot: GAUTENG, NOORDELIKE PROVINSIE, MPUMALANGA EN NOORDWES: Charl van Rooyen (red.) en Louw Pretorius (asst.-red.).
Artikels en Nuus: Jan Cilliers, Fritz Schlesinger en Andries Groenewald.
Sekretaresse: Marie Snyman.
REDAKTEUR VRYSTAAT: Johan Coetsee, en later, Charl van Rooyen.
Die Vrystaatse kantoor is daarna herdoop tot:
VRYSTAAT, KWAZULU/NATAL: Charl van Rooyen (red.).
En nog later herdoop tot:
VRYSTAAT EN NOORD-KAAP: Chris Jooste (red.).
REDAKTEUR OOS-KAAPLAND: Gert Myburgh, en later, Johan Coetsee, en Anton Rabe (asst.-red.)
Oos-Kaapland se kantoor is daarna herdoop tot:
OOS- EN NOORD-KAAPLAND: Johan Coetsee (red.)
En daarna word die Oos-Kaapland-kantoor herdoop tot:
OOS-KAAP EN KWAZULU-NATAL: Johan Coetsee (red.).
WES-KAAPLAND (later net WES-KAAP): Reg Weiss (red.).
REDAKTEUR NATAL: Izak Malherbe. Later was hy redakteur van Land,.’n boekie wat op die swart landboumark gerig was, en daarna was hy ook Eindredakteur van Landbouweekblad.
REDAKTEUR JEAN DU PREEZ SE REDAKSIES
(volgens die rekords van 1996 en kort daarna)
HOOFKANTOOR:
Assistent-redakteur: Andries Gouws.
Besturende Redakteur; Danie Smith.
Redakteur Beplanning: Jan Bezuidenhout.
Redakteur Landbou-Aktueel en Kleurartikels: Ben Louw
Eindredakteur: Izak Malherbe.
Redakteur Bylaes: Pieter Delport.
Subredakteurs: Gert Myburgh (hoof), Elize Cornelius, Elna van der Merwe en Adéle Engelbrecht-Botha.
Redakteur Nuus: Mariёtte Immelman.
Senior Diepteskrywer: Johan Coetsee.
Staatkundige Beriggewer: Jacques Claassen.
Vroueredaktrise: Anita Chittenden (Pretoria). Assistent: Dalene Teixeira.
Kos en Handwerk: Cathy Joubert.
Kunsredaksie: Mary-Anne Stone (redaktrise), Gretchen Peiser (asst), Lizé Duddy en Adriana Loedolff.
Plaasverkope: Jerome George.
Bibliotekaresse: Aletta de Vos.
Sekretaresses: Patricia Potgieter (hoof) en Linda van Staaden.
Klerk: Louis Jooste.
WES-KAAP: Redakteur: Hugo Lochner.
GAUTENG, NOORDELIKE PROVINSIE, MPUMALANGA, NOORDWES EN KWAZULU/NATAL: Redakteur: Charl van Rooyen. Assistent: Louw Pretorius.
Artikels en Nuus: Jan Cilliers, Andries Groenewald en Isabel Stoltz.
Sekretaresse: Marie Snyman.
VRYSTAAT EN NOORD-KAAP: Redakteur: Chris Jooste.
OOS-KAAP: Redakteur: Theuns Botha.
Lees ook:
Lizette Rabe se artikel ’n Landboublad as ‘sosiale barometer’: Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling. Litnet Akademies, 2019. https://www.litnet.co.za/n-landboublad-as-sosiale-barometer-landbouweekblad-as-aanwyser-van-een-eeu-se-landbou-ontwikkeling/
