PETROVNA METELERKAMP SE STORIES VAN ‘N LEEFTYD

SJOE! — Ervarings van ‘n leeftyd

Petrovna Metelerkamp

Hemel en See Boeke, Vermont

2025

In hierdie herinneringe vertel die oud-joernalis talle baie leesbare stories — stories oor haar lewe as joernalis, skrywer en uitgewer. Dis veel komplekser en interessanter as wat dit dalk op die oog af klink. En as gewese Huisgenoot-skrywer wéét Petrovna hoe om ‘n storie te skryf. (Sy vertel ook waar haar oënskyn vreemde naam en van vandaan kom, maar dit net terloops.)

Petrovna het deur haar lang loopbaan soveel interessante mense raakgeloop — soos Eschel Rhoodie en sy vrou, Katy. Sy vertel daardie storie en verskeie ander. Soos van haar redakteurskap van Santam se huisblad. Maar ook van haar werk by Huisgenoot en later as vryskut vir Insig. 

Die joernalistiek en boeke skryf loop ineen. So haal die president een van Ingrid Jonker se gedigte aan en Petrovna dink: “Hier’s ‘n artikel.”

Sy vertel:

Verskeie boeke oor Jonker volg.

Lees ook die artikel oor Petrovna in die afdeling Truspieël.