Treffende foto’s was nog atyd een van Rapport se kenmerke. In hierdie boek word van die trefferfoto’s uit die eerste 40 jaar van die koerant se bestaan gebundel. Dit gee ‘n goeie beeld van watter tipe foto’s in ‘n koerant gerig op die massa aangetref word.
IKONE. SKURKE EN SCOOPS. Die beste fotostories 1970-2010
Herman Jansen
Tafelberg, Kaapstad
2010
Die fotograaf Bernard Jordaan saam met Margaret Gardener. Jordaan het haar “ontdek”, waarna sy Mej. SA en Mej. Heelal geword het. Die kollig val ook op ander fotograwe wat vir Rapport gewerk het. Daarmee kry hulle die erkenning wat hulle verdien.
