ANTON GOOSEN DIE RESENSENT

Anton Goosen was dwarsdeur sy loopbaan ‘n gewilde onderwerp in die Afrikaanse media. Tog skryf hy min oor die media in sy outobiografie (soos vertel aan Hanlie Retief). Maar hy doen dit wel hier en daar — soos om te vertel hoe hy in 1974 ‘n musiekresensent vir Beeld geword het.

ANTON GOOSEN — LIEDJIEBOER

Soos vertel aan Hanlie Retief

Tafelberg, Kaapstad

2020

Rocco Erasmus, destyds ‘n bekende radio-omroeper by Radio Hoëveld en vroeër onderwyser by St. Stithians (waar Goosen ook sou skoolhou) het hom vertel die nuwe koerant (Beeld) soek iemand om oor musiek te skryf.

Goosen “vat toe ‘n kans” en gaan gesels met George Boshoff, toe kunsredakteur, wat hom aanstel. Goosen vertel:

Later het Goosen en Kerneels Breytenbach al om die ander week die musiekrubriek behartig. So kry jy gereeld nuwe plate, want die platemaatskappye soek natuurlik publisiteit. Een keer gee ‘n platemaatskappy egter vir hom ‘n plaat wat glad nie in sy smaak geval het nie. Waarop Anton skryf: “Die plaat is mooi rond en daar is ‘n gaatjie presies in die middel.”

Hy voeg by:

Resensente is mooi behandel. Hulle was daarom stellig oor die sitplekke wat hulle (komplimentêr) gekry het. Net die beste was goed genoeg.

En dan was daar die omkoop van musiekopstellers om speeltyd aan bepaalde nuwe uitreikings te gee.

Goosen vertel: “Payola (omkoop) is nie net harde omkoopgeld nie, dis ook gunsies en presente, soos ‘n kas whiskey aan ‘n kameraman wat sport afneem sodat hy ‘n tydjie langer op die geadverteerde produk langs die kantlyn inzoem.”

Aldus Anton Goosen, die liedjieboer en eertydse musiekjoernalis.