TWEE UITSAAIERS SE BINNEBLIK OP AFRIKAANSE RADIO

Robert Young en Anton Prinsloo was bekende omroepers by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK. Young se loopbaan het reeds in 1975 daar begin; Prinsloo het eers 1987 voltyds ingeval, maar hulle het min of meer dieselfde tyd (2003/2004) afgetree. Hul herinneringe het ‘n andersoortige inslag, maar dek deels dieselfde tydperk.

‘N HARDE TURKSVY OM TE KRAAK

Robert Young

Lapa, Pretoria

2007

Die uitsaaier Robert Young se herinneringe het vier duidelike dimensies wat soms effe hinderlik inmekaar loop, maar wat alles bydrae tot ‘n geheelprentjie.

Ten eerste vertel hy iets oor die geskiedenis van die SAUK, veral oor die Afrikaanse radiodiens (onder verskillende name, nou RSG).

‘n Tweede dimensie is perspektiewe op die kantoorpolitiek wat so eie aan die SAUK is en wat telkens ook by RSG en sy voorgangers opgeduik het. In hierdie verband is Young se lyste van mense en hul poste nogal noemenswaardig, al lyk dit met die eerste oogopslag onnodig. Dit vertel van ‘n topswaar burokrasie wat op beheer ingestel was.

Die derde dimensie is die een en ander wat hy oor radiopersoonlikhede vertel, waarvan talle sy kollegas was.

Ten laaste deel vertel Young van sy persoonlike ervarings en gewaarwordings aan lesers. Opdragte, bevorderings, hoogtepunte en sy liefde vir drama en klassieke musiek kom aan die beurt, alles met meer beskeidenheid as wat seker nodig is.

Oor persoonlikhede vertel hy onder meer:

Hy lys die yslike personeelkomponent van die Afrikaanse radiodiens (toe Afrikaans Stereo) in 1994 (dus voor RSG):

Oor sy eie loopbaan vertel hy onder meer van ‘n onderhoud met ‘n gewese staatspresident, C.R. Swart, en die ervaring om “ ‘n man van die radio” te wees.

13 KLUTSE KWYT — van Saambou tot die SAUK

Anton E. Prinsloo

Protea Boekhuis, Pretoria

2009

Anton Prinsloo was seker meer taalman as uitsaaier. Maar as taalman het hy ook ‘n bekende uitsaaier geword. Oor laasgenoemde deel van sy loopbaan handel hoofstuk 14. Sy vertellings handel meestal oor taalsake,  die wrywing wat weens transformasie by die SAUK veroorsaak is, asook persoonlike onderonsies tussen hom en kollegas (soms weens sy aweregse humor).

Oor skimpe van afdanking skryf hy:

En oor die kollegialiteit wat verdwyn het:

In geheel ‘n relatief klein bydrae tot die geskiedenis van Arikaanse radio, maar dit bevestig en vul ander weergawes (soos Young s’n) aan. — JDF