Die Sunday Times is feitlik sedert sy ontstaan in 1906 die land se grootste koerant en ‘n belangrike nuusmedium — veral voordat ander media sterk na vore getree het. Die blad was ook vir baie lank ‘n belangrike politieke rolspeler. Hierdie eeufeesboek vertel egter nie die storie van die koerant nie; dit is eerder ‘n weerspieëling van die groot nuusgebeure en nuusmakers van 1906 tot 2006.
A CENTURY OF SUNDAYS
Redakteur: Nadine Dreyer
Kaapstad: Zebra Press
2006
In die eerste dekades van die 20e eeu is die belangrikste nuus nie op die voorblad gebruik nie. Wel het die Sunday Times dikwels spotprente gebruik.

Later het opskrifte soos hierdie die koerant gekenmerk.

Dramatiese foto’s kom in die boek voor, maar die wyse waarop dit in die koerant gebruik is, ontbreek.

Voorblaaie word klein gebruik.


Die boek bied ‘n omvangryke beeld van die nuus van die eeu (1906-2006), maar vir meer oor die koerant self moet Joel Mervis se The fourth estate geraadpleeg word.