SUNDAY TIMES

Die Sunday Times was vir ‘n groot deel van die 20ste eeu Suid-Afrika se grootste koerant. Onder redakteurs soos Joel Mervis en Tertius Myburgh het die blad daarin geslaag om soomloos van ‘n blad vir Engelssprekende wit mense oor te gaan in een wat ook deur ‘n groot getalle Afrikaners gelees is.

Daarna, soos die politiek van die land verander het, lei swart redakteurs onder swart eienaarskap die blad in ‘n nuwe mark waarin swart lesers oorheers. Wat in die afgelope dekades opval, is dat die skerp kritiek op die apartheidsregering plek gemaak het vir skerp kritiek op die ANC-regering.

Weens die afname in belang van koerante in die algemeen, het die Sunday Times se sirkulasie ook drasties geval en sy ou invloed en winsgewendheid verloor. Maar dit bly ‘n belangrike koerant wat die polsslag van die land oor ‘n lang tyd reflekteer.

Die voorblad van die eerste Sunday Times.

‘n Voorblad uit 1937. Die leier van die Nasionale Party, dr. D.F. Malan, word in ‘n spotprent as ‘n politieke verkleurmannetjie voorgehou wat ook Hitler navolg.

Oorlog word in 1939 verklaar.

In die 1960’s ruk die koerant die sluier van die Afrikaner-Broederbond af. Hierdie voorblaaie is ontleen aan die boek A century of Sundays (geredigeer deur Nadine Dreyer en in 2006 uitgegee deur Zebra.)

Redakteur Tertius Myburgh se noodroep in 1976.

Fleur de Villiers se hoofberigte was dikwels dramaties – en het ook Afrikaanse lesers gelok.

Wit politici was nog in 1990 vir ‘n wyle groot nuus.

Van die Times se hoofopskrifte was snydend, ander lasterlik. Maar hierdie opskrifte het nie in die hof gedraai nie.

Die koerant help om Zuma en die Guptas se gekonkel oop te vlek. Tog was daar skerp vrae oor die Sunday Times se vals berigte oor amptenare wat in die pad van die Guptas gestaan het. Die koerant se apologie is as onvoldoende deur ‘n paneel van die SA Redakteursforum bestempel.

2020 se grendeltyd weens die Coronovirus word aangekondig.

Politiek bly die koerant se stapelvoedsel.