Landbouweekblad is meer as 100 jaar gelede gestig met dr. Frans Geldenhuys as redakteur. Die eerste uitgawe, gedateer 21 Mei 1919, was ‘n nederige begin vir ‘n tydskrif wat sou groei tot ‘n baken in die Afrikaanse joernalistiek. Die blad het in 2019 sy eeufees gevier.
Die eerste uitgawe van Die Landbouweekblad (links) en ‘n voorblad uit 1950 toe advertensies soms op die buiteblaaie van tydskrifte verskyn het. (Met erkenning aan ‘n Eeu op die platteland, Landbouweekblad se gedenkblad.)

‘n Tipiese buiteblad van Die Landbouweekblad in 1964 voordat volkleur weekliks op die buiteblad en later op binneblaaie die normale gebruik geword het.

In 1994 vier Landbouweekblad (nou reeds geruime tyd sonder die “Die”) sy eerste 75 jaar en moet die blad soos nog nooit tevore nie ook help leiding gee in ‘n tyd van politieke omwenteling. Regs: Landbouweekblad se pragtige 100-jarige gedenkuitgawe vertel die blad se verhaal van saamloop met sy lesers.



1 Desember 1959 se voorblad, soos afgedruk in die eeufeesgedenkblad. Die kunstenaar was Flip, ofte wel Horace Coates, wat ook gereeld Huisgenoot se verhale geïllustreer het.
Landbouweekblad se wye kyk op landbou sorg dat hy ook heelwat lesers het wat nie boere is nie. Die fokus is nie ‘n terugverlange na die verlede nie, maar ‘n sakebenadering tot ‘n uitdagende bedryf – alles binne ‘n politieke konteks wat steeds moeiliker word.

Lees meer:
Lizette Rabe se artikel ’n Landboublad as ‘sosiale barometer’: Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling. Litnet Akademies, 2019. https://www.litnet.co.za/n-landboublad-as-sosiale-barometer-landbouweekblad-as-aanwyser-van-een-eeu-se-landbou-ontwikkeling/