IZAK DE VILLIERS: PREDIKANT-DIGTER, GEWILDE SKRYWER EN REDAKTEUR

Izak de Villiers was redakteur van Sarie en hoofredakteur van Rapport ná ‘n suksesvolle loopbaan as predikant, digter en skrywer van Christelike literatuur.

Strooidak en toring

Izak de Villiers

Umuzi, 2009

Izak de Villiers se loopbaan as joernalis het twee fases beleef: as redakteur van die vrouetydskrif Sarie was hy suksesvol en gewild; by Rapport het hy sy lesers geken, maar sy skerp kritiek op die nuwe politieke bedeling — of dan aspekte daarvan — het hom die etiket van “regs” by sommige besorg.

De Villiers was ‘n individualis wat soms maar moeilik kon wees. Dit kan kwalik in enkele woorde getipeer word.  Sy boek maak gelukkig vêr draaie en raak allerlei aspekte van sy loopbaan aan. Hy doen dit aan die hand van kort hoofstukke waar hy vertel van sy ontmoetings (of selfs vriendskappe) met mense soos Audrey Blignault, Pik Botha, Berta Smit, Margaret Gardiner en Piet Cillié. Laasgenoemde was sy vader by Naspers, sy mentor en vertroueling. Vir jonger lesers wat nie die name herken nie, sal dit die moeite loon om meer oor hulle (en terselfdertyd Izak) te wete te kom.

De Villiers was ‘n storierverteller (vandaar die enorme sukses van sy boeke). Dit waarborg die leesbaarheid van hierdie herinneringsboek. Sy geestelike dimensie het by ‘n tradisioneel sensasionele koerant soos Rapport nie sterk na vore gekom nie, maar, soos uit hierdie boek blyk, was hy ‘n diep geestelike mens, konserwatief, ‘n rugbyliefhebber, lief vir mense en ‘n idealis wat skerp vrae gevra het oor Naspers en die suiwer winsgedrewe benadering wat die eens idealistiese maatskappy wesenlik verander het.

As gebore en getoë Bolander was sy skuif noorde toe (om hoofredakteur van Rapport te word) nogal ‘n sprong. Maar ná sy aftrede bly hy en sy vrou aan in Johannesburg. Daarvan vertel hy in hierdie boek. Hy was sekerlik nie voorspelbaar nie. Die leser sal hom leer ken as ‘n individualis wat getrou aan homself gebly het. – JDF

‘n Enkele aanhaling uit die boek:

Oor sy weggaan by Rapport (volgens hom op eie stoom; volgens Ton Vosloo het hulle hom “laat gaan”):