DIE BURGER

Die Burger is in 1915 gestig om die Nasionale Party van genl. J.B.M. Hertzog in die Kaapprovinsie te ondersteun – dus die boodskap van Afrikanernasionalisme uit te dra. Teen die tyd dat Die Burger sy honderdste bestaansjaar in 2015 gevier het, het die koerant meer as 30 000 keer verskyn en ontwikkel in ‘n inklusiewe koerant vir alle Afrikaanssprekendes.

Die Burger weerspieël op 25 Julie 2015 met trots sommige van die voorblaaie van die koerant oor sy eerste honderd jaar.

Die eerste uitgawe van Die Burger, toe nog met die Nederlandse “De”, verskyn onder die redakteurskap van dr. D.F. Malan, latere eerste minister. Advertensies is in daardie tyd normaalweg op die voorblad geplaas.

Die Burger het in 1932 nuus die eerste keer op die voorblad gebruik, maar met die uitslag van ‘n rugbyraai as hoofberig! Dié storie is op 25 Julie 1975 in ‘n sestigjarige bylae tot Die Burger vertel. Links is die koerant se voorblad die vorige dag.

Die koning abdikeer.

Die NP aan bewind — ‘n groot hoogtepunt vir die koerant, wie se eerste redakteur nou eerste minister sou word.

Die

Die Burger berig oor die onluste en lewensverlies in 1960.

Die volgende dekades staan ook in die teken van politieke druk, onrus en terreur.

In die 1970’s het Die Burger sy konserwatiewe voorblaaie tydelik verander en telkens sterk hoofopskrifte soos dié gebruik.

Maar politiek wen altyd.

Lettertipes en uitleg is meermale vernuwe soos wat tipografiese moontlikhede en visuele style verander het, maar Die Burger was meestal ‘n voorbeeld van konstantheid en goeie smaak. Die Burger het sy mashoof (ook gewel genoem) net vyf keer in honderd jaar verander. Hier is drie van die mashoofde. In die jongste jare is die mashoof soms in wit (teen ‘n foto-agtergrond) gebruik … of vergeet. (Dit was waarskynlik eerder ‘n “tegniese” fout. Maar die koerant het so op straat verskyn.)

Een van Die Burger se treffendste voorblaaie: Die dood van dr. Anton Rupert … en Madiba se hulde.

Die Buger se Saterdagbylae het lank as Die Byvoegsel bekend gestaan en groot aftrek gekry, ook by adverteerders. Later is die naam afgekort tot By. En nog later, soos wat advertensiesteun gekrimp het, het die By-blaaie deel van die hoofkoerant geword. Die Byvoegsel het ook in Die Volksblad verskyn en By in Beeld en Die Volksblad.

Die Burger het met sy 50ste, 60ste, 75ste, 90ste en 100ste herdenkings mooi bylae uitgegee. Hier bring Schalk Pienaar hulde aan drie baanbrekers.

Die Burger het in 1965 sy 50ste verjaarsdag met hierdie bylae gevier.

Vernuwing is met hierdie bylae gevier.

In die honderdjarige bylae word ‘n uittreksel uit J.J. Steinmeyer se boek, Spykers met koppe (1946), gebruik en lesers herinner aan Die Burger se moeilike geboorte.

Daar word ook met trots teruggekyk op ‘n eeu van nuus … en die treffende voorblad by die dood van oudpresident Nelson Mandela prominent afgedruk.

Die Burger se pragboek waarin sy eerste honderd jaar herdenk word en die fokus tereg val op die joernaliste en ander werknemers wat die koerant oor ‘n eeu gedien het – soms onder baie moeilike omstandighede.

Die Burger se redaksie in 1965.

Die Burger se redaksie in 2000 by die viering van die blad se 75e verjaarsdag.

Lees meer…

Die storie van Die Burger word met lieflike teks en pragtige foto’s vertel in die gedenkboek 1915-2015 Die Burger 100 – Sy mense en hul stories (redakteurs: Bun Booyens en Aldi Schoeman, Jonathan Ball, 2015).

Kyk ook:

C.F.J. Muller se Sonop in die suide (Nasionale Boekhandel, 1990), verskeie hoofstukke in Oor grense heen (redakteur: W.D. Beukes, Nasionale Boekhandel, 1992)

n Konstante revolusie: Naspers, Media24 en oorgange (redakteur: Lizette Rabe, Tafelberg, 2015).

Vroeër het onder J.P. Scannel se redakteurskap Keeromstraat 30. Gedenkbundel vir die vyftigste verjaardag van Die Burger (Nasionale Boekhandel, 1965) verskyn.

J.C. Steyn se Penvegter – Piet Cillié van Die Burger (Tafelberg, 2002) bevat ook heelwat inligting oor die koerant en sy redaksielede, asook sy verhouding met die Nasionale Party.