Tydskrifte is net so deel van ons kulturele omgewing as koerante. Hier kyk ons na van die belangrikste tydskrifte van die afgelope eeu en langer. Van hulle is net ‘n handvol steeds beskikbaar.

SCOPE — VOORLOPER IN STRYD TEEN BEHOUDENDHEID

Die tydskrif Scope het ‘n besondere plek in ons tydskrifgeskiedenis. Dit ontstaan in die 1960’s as algemene tydskrif en toon soms tipiese kenmerke van die Amerikaanse Life. Groot foto’s en soms sensasionele foto’s maak geleidelik plek vir meisies in bikinis. Artikels oor die stryd in Rhodesië (nou Zimbabwe) en tragiese gebeure in Afrika sorg vir...

Lees meer

ADVERTENSIES WAT TYDSKRIFTE EN KOERANTE LAAT OORLEEF

Advertensies is die lewensbloed van die drukmedia. Totdat sigaret- en drankadvertensies in koerante en tydskrifte verbied is, was dit belangrike bronne van inkomste, maar ander verbruikersprodukte is ook gereeld op papier gesien — totdat TV-advertensies in 1978 begin verskyn het en ‘n groot hap van totale advertensiebesteding afgerokkel het. Sedert die koms van Google en...

Lees meer

FOTOVERHALE HET LESERS OOK NA KOERANTE EN TYDSKRIFTE GELOK

Fotoboekies het in die 1950’s, 1960’s en 1970’s ligte lees-en-kykstof aan die massas gebied. Die “vader van die (Afrikaanse) fotoboekie”, Boet Hyman, het dié behoefte uitgebuit en titels soos Mark Condor, Ruiter in swart en Tessa het so deel van die populêre kultuur geword dat koerante en tydskrifte nie die gewildheid daarvan kon ignoreer nie....

Lees meer

POLITIEKE BLAAIE GEE STEM AAN IDEES

Tydskrifte met ‘n sterk fokus op politiek het deur die jare onafhanklike stemme laat hoor en het so tot die voortgaande gesprek bygedra. Maar hulle was telkens nispublikasies wat gesukkel het om kommersieel te oorleef. Pro Veritate verskyn van 1962 tot 1977 (aanvanklik in Afrikaans) as blad van die Christelike Instituut en lewer skerp kritiek...

Lees meer

‘ROOI ROSE’ — KANNNIEDOOD HERLEEF TYDENS PANDEMIE

Hendrikus Potgieter (met die skrywersnaam Mark Preston) stig Rooi Rose in 1942, dus te midde van die Tweede Wêreldoorlog. Dit verskyn egter net een keer onder Potgieter en hy verkoop die blad (eintlik net die titel) in 1944 vir 200 pond aan A.M. van Schoor en Marius Jooste, latere stigter van Perskor. Hul werkgewer, Afrikaanse...

Lees meer

MOTORTYDSKRIFTE IN AFRIKAANS KOM UIT DIE 1950’S

Afrikaanse motorjoernalistiek is waarskynlik ouer, maar Afrikaanse motortydskrifte dateer, sover ons kan vasstel, uit 1957 met die publikasie van Die Motorgids, onder die redakteurskap van D.J. Greyling. Daarna volg tydskrifte soos Stuurwiel, Die Motor, Wiel en topMotor. Nie een het oorleef nie, maar Afrikaanse motorjoernalistiek leef voort by Afrikaanse koerante, in tydskrifte en op TV-programme...

Lees meer

TYDSKRIFVERHALE EN -ILLUSTRASIES BOEI LESERS AL VIR MEER AS EEU

Tydskrifverhale is al meer as ‘n eeu ‘n belangrike element in Afrikaanse tydskrifte. Dit geld ook die enigste oorlewende gesinstydskrif, Huisgenoot. Tog soek jy verniet na verwysings na verhale in die pragtige gedenkuitgawes wat met die blad se negentigste en honderdste verjaarsdae gepubliseer is. Wel is aparte versamelbundels gepubliseer. Vervolgverhale en kortverhale was in ‘n...

Lees meer

TAALGENOOT

Taalgenoot is die blad van die ATKV, ofte wel die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, wat in 1930 gestig is. Die blad bestaan sedert Desember 1931 en het van ‘n beskeie tydskrif tot ‘n kleurvolle, moderne blad ontwikkel, soos wat drukprosesse en finansies dit moontlik gemaak het. Die voorblad van die eerste Taalgenoot. Hierdie groep voorblaaie...

Lees meer

TYDSKRIFTE VERAL VIR GELOWIGES

Talle tydskrifte met ‘n sterk Christelike inslag verskyn reeds van die 19e eeu in Suid-Afrika. Daarvan is die oudste die Kerkbode, wat reeds in 1849 tot stand gekom het. Hier is enkele van die belangrikste Afrikaanse tydskrifte wat steeds verskyn of wat in die verlede gepubliseer is. Die Voorligter verskyn op 1 Desember 1937 as...

Lees meer

WOORD EN DAAD

Die blad verskyn in 1954 as blad waarin op Christelike grondslag nagedink word oor aktuele sake. Dit is later regstreeks verbind met die sogenaamde “stem van Potchefstroom”, bedoelende die prinsipiële standpunte wat vanuit ‘n Calvinistiese (of reformatoriese) denkraamwerk deur dosente van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ingeneem is. Sedert die 1970’s neem redakteurs...

Lees meer